Friday, September 5, 2008

VVK - Selfbeskikking 'n reg , nie voorreg nie

Geagte Redakteur,
SELFBESKIKKING 'N REG, NIE 'N VOORREG
Met verwysing na die brief van Bossie Marais (Rapport, 10 Augusus
2008) die volgende:
Art. 235 van die Grondwet is alles behalwe 'n "vae omskrywing". Dit
erken, onder andere,
ondubbelsinnig die reg van 'n taal- en kultuurgemeenskap (soos ons
volk) op territoriale
selfbeskikking in 'n gebied binne Suid-Afrika.
Selfbeskikking is verdermeer alles behalwe 'n "abstrakte begrip". Dit
is 'n duidelike
regsbegrip wat veranker is in die Volkereg en in talle internasionale
verdrae; byvoorbeeld
die "Internasionale Verdrag op Burgerlike en Politieke Regte" wat
bindend is op alle
lidstate van die Verenigde Nasies (dus, ook op Suid-Afrika).
Betreffende Grondwet-artikels wat na bewering teenstrydig met Art. 235
sou wees, geld
die normale reëls van Wetsuitleg - naamlik dat 'n Wet in sy geheel
geïnterpreteer moet
word; asook dat aan elke onderdeel van 'n Wet, 'n gevolg verleen moet word.
Enige volk (hetsy dit meerderheidsbesetting van 'n gebied geniet al
dan nie) is 'n draer
van die reg op selfbeskikking. Ons volk se reg op selfbeskikking word
tans geskend, en
ons is op die herstel daarvan geregtig; dit is nie een of ander guns
wat ons gedoen sou
word deur die Regering nie. Soos met enige ander reg wat geskend word,
is daar egter 'n
voorgeskrewe proses wat gevolg moet word om hierdie reg herstel te
kry. Die eerste stap
in só proses is dat 'n volk verteenwoordigers demokraties moet verkies
wat beklee sal
wees met 'n mandaat om ons territoriale selfbeskikking by die Regering
te eis en te
beding.
Die onafhanklike Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) is in proses om
kiesers op 'n
kieserslys vir sodanige volksverkiesing te registreer; en
belangstellendes wat verdere
inligting verlang is welkom om ons webwerf by http://www.vvk.co.za te
besoek. Laat ons ophou
spekuleer oor moontlike teenkanting van 'n Regering wat hierdie
artikel in die eerste plek
op die wetboek geplaas het – laat ons doen wat ons hand vind om te
doen terwyl ons
geloof en hoop gevestig bly op God wat die suidpunt van Afrika as
woonplek vir ons volk
bestem het.
Paul Kruger, Pretoria (Praktiserende prokureur en Voorsitter:
Volksraad Verkiesing
Kommissie)

No comments: