Tuesday, September 16, 2008

Huis van Oranje Spaar en Krediet Koöperatief

MEDIAVERKLARING

Die gesamentlike direksies, funksionarisse van Orania Spaar en
Krediet, Kleinfontein Spaar en Krediet, Orania Groeifonds en Huis van
Oranje het tydens 'n beraad gehou te Orania, vanaf 12 tot 13 September
2008 'n aantal projekte geïdentifiseer wat sal bydra tot pertinente
samewerkingsgeleenthede tussen die partye, asook die verwesenliking
van verskeie sakegeleenthede. Taakspanne is aangewys om hierdie
projekte tot uitvoer te bring. Die spesifieke aard van hierdie
projekte sal mettertyd bekend gemaak word.

Die mening word gehuldig dat 'n opwindende nuwe fase van kontruktiewe
samewerking betree is, sonder dat die unieke karakter van elkeen of
die voordele van individualiteit afgewater word. Dit word op rekord
geplaas dat die krag van hierdie nuwe samewerking onder andere
opgesluit is in die behoud van die lewensvatbaarheid van elkeen van
die deelnemende entiteite. Verskeie fasette is egter geïdentifiseer
waar samewerking skaalvoordele sal ontsluit.

Ons doen 'n beroep op ons volksgenote om by een of meer van die
deelnemende entiteite in te skakel en aktief deel te neem aan hierdie
beweging, na eerstens ekonomiese vryheid en mettertyd volwaardige
volksvryheid.

Ons nooi eenders denkende volkseie finansiële instellings uit om by
hierdie beweging aan te sluit.

Ons bepleit voorts groter mate van samewerking tussen volkseie
organisasies om hierdie strewe te verwesenlik.

No comments: