Friday, June 12, 2009

Skep jou eie toekoms - Amptelike persverklaring uit Bravoland

Die Afrikaner moet besef in 1994 het hy alles verloor wat hy eens
opgebou het in Suid-Afrika. Tans is talle daarvan vervalle of verwoes
en dit wat oor is, se naam word verander of verengels, net om die
Afrikaner tot die besef te bring dit behoort nie meer aan hom nie.

So is dit ook met die Universiteite en staatskole. Dit behoort aan die
staat en die staat word deur die ANC regime beheer. Hierdie regime het
ten doel om 'n revolusie te laat plaasvind en die Afrikaner en sy
strukture pas nie in by hierdie beplanning nie. Dit is sinneloos om
hierdie revolusie te probeer keer, alle pogings om dit te probeer
keer, stel slegs die kwade dag. Hierdie energie kan beter aangewend
word.

As die Afrikaner wil oorleef in die Nuwe Suid-Afrika, sal hy vir
homself sy eie toekoms moet skep. Sy eie strukture daar moet stel wat
hy self beheer.

Voorbeelde hiervan bestaan reeds. Toe die SAUK die ANCBC geword het,
is Radio Pretoria geskep. Vandag is Radio Pretoria 'n baken van hoop
en 'n toonbeeld van 'n volk se wil om te oorleef in die donkerste van
kontinente. Dieselfde geld vir die skoolstelsel. Daar was gelukkig
mense met visie, wat 15 jaar gelede reeds besef het dat die ANC regime
se doel is om alle Afrikaanse skole te verengels en die skole te
gebruik om hulle revolusionere propaganda te versprei. Daarom het
hierdie visionere die BCVO gestig en hieruit is gebore die
onafhanklike Afrikaanse eksamenraad. Vandag word daar twee Afrikaanse
matrieksertifikate in Suid-Afrika erken. Die van die staat en die van
die OAE. Universiteite aanvaar die OAE se matrieksertifikaat met ope
arms, oor die standaard van die staat se matrieksertifikaat is daar
talle vrae. Die volgende logiese stap sal wees om onafhanklike
Afrikaanse universiteite daar te stel gebaseer op westerse eerte
wereld standaarde. Hierdie droom is baie naby daaraan om 'n realiteit
te word!

Hierdie strukture kos egter geld, daarom is dit belangrik om 'n eie
ekonomie binne die ekonomie te skep. Die eerste stappe in hierdie
verband is reeds geneem met 'n eie bank wat gestig is. So ook eie
sakekamers, wat van krag tot krag groei ten spyte van die moeilike
ekonomiese toestand waarin die land verkeer.

Laat die regime dus voortgaan met sy swart ekonomiese bevoordeling, om
dit te probeer stop is sinneloos. Om dit te ondersteun is net so
sinneloos, want alhoewel dit mag voorkom of net die pinkie nou gevra
word, sal die hele hand uit eiendelik gegryp word.

Die Afrikaner is besig met sy eie ekonomiese bemagtiging. Uit hierdie
ekonomie sal die Afrikaner weer sy eie strukture daar stel. Strukture
wat hy self sal beheer en wat nie afgetrek sal word na 'n Afrika
standaard toe nie. Hierdie strukture word op 'n eerste-wereld
standaard gehandhaaf, soos waaraan die Afrikaner gewoond is en waarmee
die Afrikaner gemaklik voel.

'n Uitdaging waarmee die Afrikaner ook sit, is dat niemand 'n mandaat
het om namens hom op te tree of na sy belange om te sien nie. Daarom
is ek opgewonde oor die proses wat die VVK begin het. 'n Proses waar
daar 'n demokratiese raad verkies gaan word wat 'n mandaat sal besit
om namens die Afrikaner op te tree en na sy belange om te sien.

Dit is egter tyd dat elkeen hand in eie boesem steek. Dat die
strukture wat reeds geskep is ondersteun word en dat daar 'n toekoms
verseker word vir ons en die wat na ons as Afrikaners gebore word in
hierdie land.

Thursday, June 11, 2009

Finmech Ingeneurs Dienste

Finmech Ingeneurs Dienste

Kontak Persoon: MC Pretorius
Kontak Besonderhede:
Tel: 012 567 1816
Sel: 082 928 7816
E-Pos: finmech@mweb.co.za

Dienste Gelewer: Algemene en presisie ingeneurs werke. Ontwerp en
Verwerking van konsep ontwerpe. Veiligheid en sekerheid speel `n groot
rol, maak net gebruik van volkeie arbeid (Pa en Seuns onderneming).
Het `n wye verwysings raamwerk en kan bykans enige projek deurvoer.

Friday, June 5, 2009

"Volksekonomie"

Geagte Vriende,

• Word nou deel van Oranjekas deur aandele op te neem en so u
lidmaatskap te bevestig. Minimum aandele wat bekom kan word is 5 @
R100 elk. Skakel gerus Oranjekas vir meer inligting.


• Oranjekas poog om 'n volkseie instelling te word deur te registreer
as 'n Koöperatiewe Bank. Wys u ondersteuning vir die Volksekonomie
deur aandele op te neem!


• Hoe meer mense direk by Oranjekas spaar en belê, hoe vinniger kan
Oranjekas u al die dienste bied wat enige kommersiële bank u kan bied.


• Spesiale tariewe kan beding word deur Volkseie organisasies wat
rekeninge wil oopmaak.


• Help ons bou aan 'n toekoms vir die Afrikaner deur 'n Volkseie
ekonomie te vestig!

Vir meer inligting en kontak besonderhede, besoek gerus:

http://www.oranjekas.co.za/

Wednesday, June 3, 2009

Bravolanders se gedigte

Oproep

Ek is gebore in Afrika, ek is 'n Afrikakind
Eeue gelede het my voorsate skuiling hier gevind.
Maar nou is ek onderdrukker, gehate, 'n pes.
My familie en vriende uitgemoor met geweer en mes.

Soos skape het ons gevolg wie ookal lei,
gedoen wat ons wil, teen die hele wêreld vry.
Nou is ons herderloos, soekend en verloën,
vergete ons godsdiens, tradisies, ons Afrikadroom.

Ons het gewoon waar ons wil, gekom en gegaan
eie skole, eie kerke en lande vol graan
ons bly nou in tronke, te bang om te reis
ons skole swart en ons plase geëis.

Word wakker my Volkie, dis amper te laat,
ons eie mense staan en bedel op straat.
Verblind was ons, getrap in 'n strik,
maar staan nou saam en God sal beskik.

Heiletje Olivier