Tuesday, November 18, 2008

Bloedrivier-Gelofte 170

*Goeiedag almal,

Bloedrivier-Gelofte 170 begin DV eerskomende Vrydag (21 November) by
die Voortrekkermonument in Pretoria. Die dag daarop is dit Krugersdorp
se beurt, gevolg deur
*

*Brakpan,
*

*Groblersdal,
*

*Bronkhorstspruit,
*

*Witbank,
Middelburg,
*

*Bethal,
*

*Standerton,
*

*Ermelo,
*

*Piet Retief,
*

*Newcastle en
*

* Vryheid.
*

*
U kan ook deel hê aan Bloedrivier Gelofte 170 deur die Manifes te
onderteken op ons webwerf. Besoek http://www.bloedrivier.org

Die program wat Vrydagaand by die Voortrekkermonument aangebied word
lyk as volg:

18:00

Besigting van Kakebeenwa

18:45

Kultuurfees in Senotaafsaal.

Samesang en solosang met Melisa en Coreen

Verwelkoming Willie Smith

Skriflesing en gebed Ds. Wilhelm Steyn

Voorlesing: Coert Grobbelaar Psalm 8 (Totius)

Koorsang: F# Koor o.l.v. Attie Rossouw

My Land, Suid-Afrika (George W. Warren)

Suid-Afrika, ons erfdeel (H. Pieter van der Westhuizen)

Kollekte - Ockie Vermeulen

Voordrag: Coert Grobbelaar

By die riviere van Babel (Olga Kirsch)

Die Gelofte van 1838.

Solosang: Coreen Smith

Bloedrivierlied (woorde en musiek: Jenny van Zyl)

Samesang: Gelofte van Bloedrivier (Beryming van Adam Willemse)

Voorlesing: Doringboompie( Totius) Coert Grobbelaar

Verootmoedigngsboodskap Ds. Dion van Dyk

Solosang: Coreen Smith

Hy sal jou antwoord gee (teks: Jenny van Zyl)

Vul my met u gees ( woorde en musiek: Coreen Smith)

Samesang:

Lied 274: 1 en 2

Lied 280: 1 en 2

Koorsang: F# Koor o.l.v. Attie Rossouw

1 Kor. 13 (Gisela de Villiers)

Psalm 23 (Chris Lamprecht)

Die Manifes van 2008. Boetman Duminy

Aansteek van lanterns Nico Stofberg

Oorhandiging Statebybel Jan Loubser

Voordrag Coert Grobbelaar

Gebed van die loot aan die wynstok(Sheila Cussons)

Samesang: Ons Vader

Voordrag: Die Stem van Suid-Afrika Coert

Grobbelaar

Oorhandiging van Bybels & ondertekening van die Manifes

Vertrek van die Kakebeenwa.

Solosang: God bly met U (Lied 269) Coert Grobbelaar

Toegang is gratis en die kleredrag is semi-formeel.
*

*
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*

*Voorlopige beplanning van die toer:*

*Let daarop dat dit wel onderhewig is aan verandering.
*

*Krugersdorp (22 Nov.),
*

*Brakpan (23 Nov.),
*

*Groblersdal (24 Nov.),
*

*Bronkhorstspruit (25 Nov.),
*

*Witbank (26 Nov.),
*

*Middelburg (27 Nov.),
*

*Bethal (28 Nov.),
*

*Standerton (29 Nov.),
*

*Ermelo (1 Des.),
*

*Piet Retief (2 Des.),
*

*Newcastle (3 Des.) en
*

*Vryheid (6 Des.).*
**
*
*

Thursday, November 13, 2008

'n Strategie na vryheid

Het die Afrikaner vandag 'n strategie om vry te word? Ons strewe is
tog vryheid, maar daarvoor het ons 'n strategie nodig. Jy gaan tog nie
op vakansie na 'n onbekende plek as jy nie eers weet waar dit is of
hoe om daar uit te kom nie. Jy pak ook vir die reis. As dit 'n koue
plek is, pak jy warm klere en andersom. Jy berei dus voor vir jou
bestemming. So ook moet daar beplan word vir ons bestemming -
volksvryheid. M.a.w ons moet 'n strategie he van hoe ons daar gaan kom
en ons gaan sekere goed moet "saamvat" vir wanneer ons daar is.

Behalwe vir 'n staatsadministrasie, gaan ons verseker 'n ekonomie
nodig he, so ook skole en universiteite, 'n media ens. In die verband
is daar reeds CVO skole, Oranjekas, Oranjesakekamers en Radio
Pretoria, maar dit is seker nie al wat ons gaan nodig he nie.

Dit is egter belangrik om 'n strategie te he hoe om daar uit te kom
en hierin speel die VVK 'n belangrike rol.

Dit is my siening, maar ek sal graag wil hoor wat dink die ander Bravolanders.

Wednesday, November 5, 2008

Amptelike persverklarings Bravoland - VSA het die oorlog verloor

Die VSA het na 9/11 oorlog verklaar teen terreur. Dit is vreemd dat 'n
land oorlog verklaar teen terreur, gewoonlik verklaar 'n land tog
oorlog teen 'n ander land of volk. Indien mens egter in ag neem dat
die terroriste wat die vliegtuie in die geboue laat vas vlieg het
Moslems was en dat dit alles beplan is deur radikale moslems, moet
mens aanvaar dat die VSA in werklikheid oorlog verklaar het teen die
moslems, maar te polities korrek was om dit openlik te se. Vandaar dan
die "Oorlog teen terreur".

Aan die einde van 'n oorlog, word die oorwinnaars se leier of 'n
leier wat hy aanstel, die leier van die land wat verloor het. Vandag
is 'n muslem verkies tot President van die VSA, dus is dit my siening
dat die VSA sopas die oorlog verloor het en uitgelewer is aan die
muslems.

Monday, November 3, 2008

Die belangrikste besluit van jou lewe

Die belangrikste verantwoordelikheid wat ooit aan 'n mens toevertrou
kan word, is kinders.

Die belangrikste besluite wat jy ooit in jou lewe neem, is die
besluite in verband met jou kinders.

'n Besluit oor 'n huis of 'n motor wat gekoop moet word, selfs oor jou
eie loopbaan, is gering in vergelyking met dit wat jy oor jou kinders
besluit.

Jou besluite oor jou kind reik tot ver in die toekoms: Dit beïnvloed
sy lewe, sy lewensgehalte, die sin van sy bestaan en die lewe van sy
volk en nageslag. Dit is iets waarmee doopouers nie ligtelik durf
omgaan nie.

Ons volk se kinders was nog altyd die prooi van ons vyande. Tydens die
Tweede Vryheidsoorlog het Engeland 22 000 Boerekinders vermoor. Dié
wat oorleef het, se siele het hulle probeer vernietig in
konsentrasiekampskole, en na die oorlog in staatskole.

Gelukkig het ons voorouers die verstand en die durf gehad om ons eie
Christelik Nasionale skole te stig om ons kinders te red.

Vandag is ons kinders weer die prooi van 'n vyandige oorheerser. Die
nuwe Suid-Afrika se staatskole is veel eerder sentrums van
maatskaplike manipulasie en identiteitsafkraking as van opleiding of
opvoeding.

Staatskole stel ons kinders bloot aan gruwels wat strek van lae
akademiese standaarde, vals geskiedenisvertolking en gelykstelling van
God aan afgode, tot vernedering, molestering, aanranding en selfs
moord op wit kinders.

Ja, ons gee toe dat daar nog staatskole is waar die hoof nog op die
regte pad is en nog nie, soos by Hoërskool Ermelo, daaroor afgedank is
nie.

Die feit is dat 'n staatskool waar dit goed gaan steeds deel van die
staat se onderwysstelsel is. Dis 'n trok waarin dit goed gaan aan 'n
trein wat besig is om oor die afgrond te stort.

Daarteenoor is dit vir enige kind voordelig om skool te gaan saam met
maters van dieselfde taal, beginselgrondslag, kultuuragtergrond en
akademiese ingesteldheid. Hoekom moet ons kinders wag vir agterblyers?

Die onderwysers en ouers van kinders in eie skole is van 'n besondere
kaliber: Hulle is die baanbekers wat voorloop om 'n toekoms te
verseker, die daadkragtiges wat nie bang is om uitdagings aan te pak
en te oorwin nie, die verantwoordelikes wat nie met hulle kinders se
lewe en toekoms dobbel nie, die onstuitbares wie se Godsdiens en
waardes ononderhandelbaar is, die skranderes wat 'n situasie kan
beoordeel en 'n oplossing vir probleme kan vind.

Dit is die soort mense met wie 'n mens 'n pad kan loop en natuurlik
sal hulle kinders deur oorwerwing en opvoeding ook uitblink.

As ons almal daardie suiwer gees openbaar en al ons kinders in
volkseie skole plaas, sal volkseie onderwys die ouer minder geld kos
as die afbrekende staatsonderwys.

Dan kan ons volkseie onderwysers ook die salarisse ontvang wat hulle
as helde van ons volk verdien.

Dis nóú die tyd om die belangrikste besluit van jou lewe te neem: Gaan
jy jou kind as prooi vir ons vyande aanbied of gaan jy hom 'n lewe en
'n toekoms gee?

Waar gaan jy jou kind volgende jaar laat skoolgaan?

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html


Besoek gerus die volgende skakels vir meer inligting vir puik onderwys
, hul webwerf, daar is ook 'n lys van skole:

http://www.bcvo.co.za/

En hul kontaklys:

http://www.bcvo.co.za/skl/bcvoSkole2008.pdf

Amptelike persverklarings Bravoland - Om na grashalms te gryp...

Die winde van politieke verandering het sedert Desember in Suid-Afrika
verwoesting gesaai. Hierdie winde volg na Jacob Zuma verkies is as
president van die ANC. Mbeki is soos 'n koerant in die wind van die
politieke speelvlak gevee. Talle ongelukkige ANC lede het van die
geleentheid gebruik gemaak om uit die party te dros. Die belangrikste
is seker die sogenaamde Shikota groep. Hierdie groep het die naweek
'n konferensie gehou in Sandton. 4000 mense het die konferensie
bygewoon en talle is met busse uit die Oos-Kaap aangery. Op tipiese
Afrika manier is daar nie vroegtydig vir die spul verblyf gereel nie
en daar was weer geskarrel om in die Sandton hotelle verblyf te reel.
'n Mens kan maar net wonder wie vir die "vakansie" betaal.

Die DA het seker uit paniek, ook hierdie konferensie bygewoon, want as
die Shikota groep slaag, sal die DA nie meer die amptelike opposisie
wees nie. Oor hoe Helen Zille ontvang is, is daar ook verskillende
menings. Praag se verslaggewer reken sy is feitlik ge-ignoreer, waar
Rapport se verslaggewer reken sy is verafgod. Vreemd.

Tog is hier 'n nuwe dimensie in SA politiek. Die ANC gaan moontlik nou
sy eie opposisie word. 'n Opposisie met presies dieselfde
doelstellings as die ANC. M.a.w slegs 'n magstryd van persoonlikhede.

Wat egter skokkend is, is die hoeveelheid blankes wat nou glo dat die
manier om die ANC te stop, is om die nuwe ANC te ondersteun. Die
beginsels van die nuwe ANC is blykbaar nie belangrik nie, solank hulle
die ANC stop.
Kan mens rerig so naief wees om na enige grashalms te gryp?