Monday, November 3, 2008

Amptelike persverklarings Bravoland - Om na grashalms te gryp...

Die winde van politieke verandering het sedert Desember in Suid-Afrika
verwoesting gesaai. Hierdie winde volg na Jacob Zuma verkies is as
president van die ANC. Mbeki is soos 'n koerant in die wind van die
politieke speelvlak gevee. Talle ongelukkige ANC lede het van die
geleentheid gebruik gemaak om uit die party te dros. Die belangrikste
is seker die sogenaamde Shikota groep. Hierdie groep het die naweek
'n konferensie gehou in Sandton. 4000 mense het die konferensie
bygewoon en talle is met busse uit die Oos-Kaap aangery. Op tipiese
Afrika manier is daar nie vroegtydig vir die spul verblyf gereel nie
en daar was weer geskarrel om in die Sandton hotelle verblyf te reel.
'n Mens kan maar net wonder wie vir die "vakansie" betaal.

Die DA het seker uit paniek, ook hierdie konferensie bygewoon, want as
die Shikota groep slaag, sal die DA nie meer die amptelike opposisie
wees nie. Oor hoe Helen Zille ontvang is, is daar ook verskillende
menings. Praag se verslaggewer reken sy is feitlik ge-ignoreer, waar
Rapport se verslaggewer reken sy is verafgod. Vreemd.

Tog is hier 'n nuwe dimensie in SA politiek. Die ANC gaan moontlik nou
sy eie opposisie word. 'n Opposisie met presies dieselfde
doelstellings as die ANC. M.a.w slegs 'n magstryd van persoonlikhede.

Wat egter skokkend is, is die hoeveelheid blankes wat nou glo dat die
manier om die ANC te stop, is om die nuwe ANC te ondersteun. Die
beginsels van die nuwe ANC is blykbaar nie belangrik nie, solank hulle
die ANC stop.
Kan mens rerig so naief wees om na enige grashalms te gryp?

No comments: