Friday, November 27, 2009

Volkshulp - Kersaksie Desember 2009

Feestyd ?

Die jaar snel weer vinnig na 'n einde en almal sien uit na Desember.
'n Maand van rus, ontspan en kuier saam met familie en vriende. Daar
word druk beplan aan die vakansie wat voorlê. Diegene wat na die see
of vakansie oorde toe gaan, tref opgewonde die laaste reëlings.
Kersdag en nuwejaarsdag word haarfyn beplan: wie kom kuier, wat gaan
ons eet, watter geskenke gaan ons vir wie gee. Die moeilike jaar wat
verby is, is vir eers vergete.

Maar ongelukkig is Desember en veral Kersfees of selfs die nuwe jaar
nie iets waarna almal kan uitsien nie. Daar is volksgenote wat niks
het om na uit te sien nie. Hulle toekoms is donker. Geen werk, geen
besittings, geen geld, geen kersete, geen kersgeskenke, geen familie
wat kom kuier nie. Niks nie. En daar is niks om oor opgewonde te raak
nie, want sien, hulle kans op 'n beter lewe word in die wiele gery
deur rasstellende aksie en swart bevoordeling. Dit is mense wat ander
mense in die oë moet kyk net vir hulle daaglikse brood. Mense in wit
plakkerskampe en welsynshuise. En dit is ons mense. Hulle het nie
gevra om daar te wees of om in hierdie omstandighede te wees nie. Maar
hulle is daar en het hulp nodig.

Bravoland is 'n kubertuiste vir ons mense, maar ons voel dat ons mense
is meer as net diegene wat ons op die rekenaar kan besoek. Ons mense
is al ons volksgenote. Ook die wat hulle in sulke moeilike
omstandighede bevind. Dit is hartverskeurend om te dink dat daar
kinders is wat nie eers na 'n kersete kan uitsien nie, wat nog van 'n
kersgeskenk.

Daarom het ons in die verlede en wil ons weer nou in Desember na
hierdie mense uitreik. Ons beplan om op die 13de Desember die Lochvaal
deurgangshuis naby Vanderbijlpark te besoek. Die beplanning is dat ons
die oggend 'n erediens saam met die inwoners bywoon in hulle eetsaal
(wat ook as kerk gebruik word) wat gelei sal word deur een van
Bravoland se eie dominees. Net voor die diens wil ons vir elke inwoner
ook 'n Bybel gee - voedsel vir die siel. Na die diens wil ons graag
aan elke inwoner 'n geskenkpakkie uitdeel – van die kleuters tot die
bejaardes. Daarna gee ons aan elke inwoner 'n braaipakkie en braai ons
almal heerlik saam. Graag wil ons ook genoeg kosvoorraad aan die
deurgangshuis skenk om hulle verder deur te sien tot volgende jaar
toe.
Maar dit alles kos geld. En Bravoland verdien nie 'n inkomste nie.
Hierdie aksie is slegs moontlik omdat ons daartoe bydra. Daarom wil ek
graag 'n beroep op almal doen om te help deur 'n skenking te maak. Dit
kan geld, kos, geskenke, klere, enige iets wees – maar groot asseblief
help ons om hulle te kan help. Kom ons sit weer 'n glimlag op 'n kind
se gesig en 'n huppel in 'n ou mens se stap. Hierdie mense kan nie
help vir die omstandighede waarin hulle verkeer nie, maar ons beskeie
bydraes kan 'n baie groot verskil maak in hulle lewens. En dan nooi ek
u, kom saam met ons op die 13de na Lochvaal. Kom ons wys vir hierdie
inwoners daar is baie mense wat vir hulle omgee. U sal dan ook die
ware boodskap agter Kersfees self ervaar naamlik:

Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet
help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het:
Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
(Handelinge 20:35)

Dit is altyd moeilik om te besluit wat moet nou eintlik in die
geskenkpakkies wees. Daarom wil ons almal se hulp inroep deur 'n
kompetisie te hou. Die inskrywing wat vorendag kom met die beste
geheel voorstel, dit beteken 'n voorstel van 'n geskenkpakkie vir elk
van die groepe hieronder, staan 'n kans om 'n splinternuwe NOKIA N73
mobiele telefoon te wen ter waarde van ongeveer R3,500.00. Omdat
Bravoland nie oor onbeperkte fondse beskik nie, beperk ons die waarde
per geskenkpakkie tot 'n maksimum van R50.00. Almal van Bravoland kan
deelneem. Die Volksraad sal die wenner bepaal en die Volksraad se
besluit is finaal. Die sluitingsdatum vir die inskrywings is middernag
van 3 Desember 2009. Die wenner sal op 10 Desember 2009 aangekondig
word. Daar is nie baie tyd oor nie en dié wat deelneem moet gou spring
en hul inskrywings instuur na: scburger@bravoland.co.za of u kan dit
faks na 086 666 7740. U voledige naam asook forumnaam en
kontakbesonderhede moet op u inskrywing verskyn.

Die inskrywing moet die volgende bevat:

- Voorgestelde inhoud (item moet beskryf word) van geskenkpakkie per groep;
- Voorgestelde leweransier van elke item;
- Prys vir elke voorgestelde item.

Die groepe is:

MANS
DAMES
DOGTERS - 1 tot 4 jaar
DOGTERS - 5 tot 9 jaar
DOGTERS - 10 tot 15 jaar
DOGTERS - 16 tot 18 jaar
SEUNS - 1 tot 4 jaar
SEUNS - 5 tot 9 jaar
SEUNS - 10 tot 15 jaar
SEUNS - 16 tot 18 jaar

Onthou u moet vir elke groep hierbo 'n geskenpakkie saamstel om te
kwalifiseer vir die prys!

Sou u graag 'n finansiële bydrae wou maak vir die kersaksie, dan kan u
dit steeds doen deur die geld te deponeer in een van die volgende
rekeninge:


Volkshulp Bankrekening Besonderhede

Naam: Bravoland Ondersteuners Klub
Bank: ABSA
Tipe: Tjek
Tak: Mosselbaai
Rek nr: 407 1429 502
Verwysing: Kersaksie

Rek naam : Oranjekas Spaar en Krediet
Rek no : 27 124 0490
Tak kode : 01 05 45 (Silverton)
Tipe : Tjek
Verwysing : Bravoland

Al die fondse wat so ingevorder word sal aangewend word vir Kersaksie 2009.

Kom ons maak van hierdie 'n grootse aksie.

Boere groete.

Wednesday, November 18, 2009

Verkennerspos PTA

Geagte Verkenner/Oud Verkenner/Belangstellende

Die Verkennersbeweging het die afgelope tyd 'n mooi groei getoon, en dit is
dalk te danke aan die suksesvolle aksies wat die beweging geloods het die
afgelope jaar of twee. Dit is egter so dat die Pretoria pos van die
Verkennerbeweging on-aktief geraak het. In die tye wat ons leef is dit
uiters noodsaaklik dat die pos weer aktief raak en groei.

Hiermee wil die Verkennerbeweging u dan uitnooi na die her-aktivering van
die Pretoria pos. Ons be-oog om die pos weer een van die sterkste en
grootste poste te maak van die Verkennersbeweging. Die besonderhede van die
byeenkoms is soos volg :

Datum : 26ste November 2009
Tyd : 18:30
Plek : TLU Gebou (Jamesrylaan 194, Silverton)

Versprei ook asb die e-pos aan al die volksgenote in die Pretoria omgewing
om hierdie geleentheid by te woon. Nuwe lede wat wil aansluit sal ook die
geleentheid he om ingestel te word as Verkenner.

Vir enige navrae skakel gerus die skrywer by 084 512 9035

Sien u daar!

Jan Beyers

Monday, November 16, 2009

Bravolanders en die Voortrekkermonument

Bravolanders was uiters verbaas toe die nuus breek dat hulle belet is
om bepaalde punte by die Monument te betree. Dat iemand belet word
weens sekere handelinge, kan moontlik meriete hè, maar om te
veralgemeen is werklik swak smaak.

Toe die President van die Verkenners later 'n skrywe ontvang waarin
te kenne gegee word dat mense wat hulle wangedra, optrede kan verwag,
het dit minder logies geword waarom die beletsel dan op Bravolanders
van toepassing gemaak kon word.

Bravolanders het talle jong, beskaafde burgers, maar ewe so is daar
die gryskoppe wat verstom is dat hulle nou ook belet word om daar
teenwoordig te wees. Nou blyk dit dat Bravolanders, en blykbaar ook
Verkenners daar mag opdaag, solank hulle nie inmeng nie.

Nou waarom dan nou 'n beletsel plaas op honderde Bravolanders waarvan
daar myns insiens hoogstens twee of dalk drie persone is wat vir die
Generaal probleme gegee het. Waarom nie maar vir die prokureur Jan vra
om vir hulle elkeen 'n brief te skryf en hulle belet nie; nee, nou
word ek en jy wat baie onskuldig is, onder dieselfde juk gebring. Dit
is nou nie iets om oor skaam te voel nie, want onskuldiges het nie
nodig om die Generaal te gehoorsaam nie. Onskuldige Bravolanders sou
daar kon opdaag en niemand sou dit kon waag om aan hierdie mooi
welopgevoede Bravolanders iets te doen nie.

Kom ons wees meer prakties. Hoe gaan enige iemand weet as ek en jy
daar opdaag dat ons as Bravolanders nie daar op gegewe plekke mag wees
nie – want wie gaan verklaar dat ons Bravolanders is. Tweedens: Soos
die Generaal dit gestel het, sal niemand iets aangedoen word wat binne
die wet optree nie. Ag nou ja, dan wil dit mos lyk asof enige
Bravolander wel besoek kon bring, solank daar nie "ingemeng" of moes
dit gelees het "vermeng" het met die vreemdes in ons poorte nie.

Maar daar is ook 'n ander sy van die saak: As Afrikaners nou hierdie
houding inneem, dan ontketen dit argwaan en aggressie – veel eerder
moes die Generaal 'n brief gerig het en al die Verkenners en
Bravolanders vriendelik uitgenooi het na die betrokke geleentheid. Dan
het hy die visie van 'n leier openbaar – en die guns van almal op hom
verenig. Dan, soos in elke geval, of dit nou wie is, kan daar opgetree
word teen enige persoon wat "vermeng" met die amptenary of wie ook
almal wat na aan die hart van die Generaal en sy prokureursvriend Jan
is.

Dit bring mens by die slotsom – enige persoon wat nie volgens die
reëls van die Generaal optree nie, staan 'n kans dat daar teen so
iemand opgetree kan word. Nou, waarom dan Bravolanders oor die
algemeen kom staan en kwaad maak. Dit wil dus voorkom dat die
Bravolanders wat tot hede 'n finansiële bydrae gemaak het, dit sal
moet heroorweeg.

Daar kan moontlik regsmening verkry word oor die wettigheid daarvan om
Bravolanders wat die afgelope vyf jaar nie naby die terrein was nie,
nou te belet om dit te betree. Die rede is eenvoudig: Daar is honderde
mense wat nie burgers is van Bravoland nie, wat weet dat ek en jy
Bravolanders is, en wat nou vraagtekens plaas oor ons handelinge.

Miskien het die Generaal nie mooi gedink nie – maar net miskien het hy
mooi gedink, en wil hy eerder die volksvreemdes by ons erfnis ontvang
– Bravolanders is tog Afrikaners.

Sou dit dalk die rede wees waarom die Generaal sulke snaakse dinge
toelaat, nee, sulke snaakse dinge reël dat hy nou die vreemde naam
gekry het van "pienk"? Ons sal ernstig moet besin oor ons finansiële
ondersteuning solank hy die amp van Generaal-van-die-Monument beklee.

Ons verfoei sy optrede – en ons sal ons nie deur sy
kamma-weermag-houding laat intimideer nie!!

Tuesday, November 10, 2009

Projek 2010

Daar word beraam dat reeds soveel as 20 000 Afrikaners vermoor is sedert
die ANC aan bewind gekom het in 1994.

Tans is daar 'n projek aan die gang om hierdie name te lys, net soos die
name van ons volk se 27 000 vroue en kinders wat onder die Engelse bewind
vermoor is, gelys is as deel van ons volk se historiese geheue.

Ons mag nie ons mense wat vermoor is, vergeet nie. Daarom is dit
noodsaaklik dat elkeen van hulle se name gelys en onthou moet word vir die
toekomstige geslagte.

Dit is 'n groot taak, en amptelike instellings wil geen samewerking gee
nie. Daarom word almal gevra om te help om hierdie besonderhede bymekaar te
maak.

Gaan besoek asb. http://www.projek2010.co.za en help met die
bymekaarmaak van die
data.

Stuur asb. hierdie e-pos ook aan ander volksgenote, landwyd en ook die
wat na die buiteland is juis as gevolg van hierdie wantoestande, sodat
hierdie projek momentum kan opbou. Daar word gepoog om hierdie databasis op
10/10/2010 te voltooi.


--
Werner Smook
Voorsitter: Pretoria Verkennersjeug