Wednesday, December 31, 2008

Uit die kantoor van die Staatshoof , Bravoland : 2008 , 'n Kritiese beskouing

2008 kan beskou word as die waterskeidingsjaar vir die reënboog
Suid-Afrika. Ekonomiese verval, misdaad, korrupsie en die ANC wat
homself van binne vernietig, het die begin van die einde aangekondig
van die reënboog droom. 'n Droom waaruit menigte liberaliste wreed
wakker geskud is in 2008, net om tot die besef te kom, dit is eintlik
'n nagmerrie.

Hierdie nagmerrie het al talle van ons volksgenote afgegooi. Vermoor,
beroof, verarm en verslane swoeg hulle doelloos voort. In hulle
duisende sit hulle in plakkerkampe terwyl nog meer uit nood gebore
hulle geliefde Vaderland verlaat om in die vreemde 'n ander veilige
heenkome te gaan soek.

Maar dit is nie die hele storie van 2008 nie. Ten midde van al hierdie
dinge kan ook die herontwaking van die volk bespeur word. Dit verbaas
ook nie, want hierdie volk, is op sy beste wanneer dit die slegste
gaan.

In 2008 sien ons 'n Majubafees met ongekende besoekers getalle. En
daar was net een Majuba in 2008, nie twee nie. Verskeie ander feeste
is ook gehou, wat bewys dat die volk nooit sal skaam wees vir sy
erfenis nie. Al probeer die regering se propaganda masjien ook hoe
hard om ons skaam te maak vir dit wat ons is.

Ekonomies is daar reuse fondasies gelê. 'n Eie bank en eie sakekamers
het die lig gesien wat hierdie volk in die toekoms tot groot diens sal
wees.

Die jeug het ook ontwaak in 2008. Daar is 'n jeug Verkennerspos gestig
in Pretoria en nog een in Engeland. As ons aanvaar en glo dat die jeug
die toekoms is, is die gebeure 'n helder lig in die duistere toekoms.
Die jeug het ook nie op hulle laat wag nie. Verskeie aksies is
uitgevoer en die vyande van die volk het kennis geneem. Sidderend het
hulle die dreuning gehoor. Die magtige dreuning van 'n volk wat
ontwaak. Van 'n trotse volk wat nie sal doodgaan nie. Nie langer op
getrap sal word nie. Nie langer verneder sal word nie.'n Gelowige
volk, wat die knie slegs buig, voor die Beskikker van die lotgevalle
van volke.

In 2008 het die staatmaker strukture in ons volk ook van krag tot krag
gegroei. Radio Pretoria het 15 jaar van diens aan die volk gedenk. 'n
Dankbare volk het in hulle duisende hierdie dag meegemaak en in die oe
van 'n ieder en elk van die feesgangers kon mens die vlam van hoop vir
die toekoms sien. 'n Vasberade vlam, wat niemand sal kan blus nie.

Die nodigheid van die CVO bestel het ook baie duidelik geword in 2008.
Met nie net swaard swaaiende sataniste wat in staatskole mense aanval
nie, maar ook die mislukte UGO wat talle kenners nou as 'n fout
bestempel. Ons kan maar net dankbaar wees vir die visie van die
pioniers wat die stelsel begin het. Die produk van die CVO skole brand
soos 'n helder baken, met talle van die jeug Verkenners wat uit die
stelsel kom en so ook die dryfkrag van die volksbank - Jan Beyers.

Die CVO skole en Radio Pretoria is 'n bewys dat ons volk ten midde van
'n vyandige wêreld, steeds suksesvolle strukture kan oprig en
onderhou. Laat ons dan in 2009 op die fondamente wat in 2008 gelê is
voortbou. Laat ons die vlam van volksnasionalisme helder laat brand,
sodat ons soekende volksgenote uit die duisternis van die wêreld,
terug kan keer na veiligheid, voorspoed en vryheid, wat slegs gevind
kan word binne volksverband.

Dit sal ons egter slegs kan doen met geloof. In geloof, ons vryheid!

Thursday, December 11, 2008

Links en/of Slinks?

*Die slinkse linkse media en hul wanpropaganda produksie*

Die afgelope tyd het dit in die media gegons oor die kastige opleiding van
Regse 'kindersoldate'. Let op "Regse".

Beeld berig

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2439246,00.html

News 24 berig

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2439667,00.html

Sowetan maak Afrika pap lekker dik aan

http://www.sowetan.co.za/News/Article.aspx?id=901225

Erika Gibson van Beeld het darm ietwat meer lig op Virginia Keppler se snert
berig gewerp

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2439821,00.html

Luister gerus ook na die onderhoud met kommandant Franz Jooste wat op Radio
Pretoria uitgesaai is.

http://www.4shared.com/dir/10728308/e2306d53/Gesprekke.html

Klankbaan se naam is: Opleidingskampe - Franz Jooste

Dit moet sekerlik tragies wees om so min propaganda teen jou vyand te kry
dat jy dit moet skep deur blatante leuens soos in hierdie koerantberigte. Ons
kan sien dat die doel hiervan is om negatiewe konnotasies aan sekere woorde
en gevolglik groeperings te heg. Die ou woordjie "Regs" maak nou weer sy
opwagting. In die berigte word hierdie "Regse" groeperings in so 'n slegte
lig gestel dat meeste mense na die lees daarvan sal dink dat dit waarlik
sleg moet wees. Later, sonder dat daar vrae gevra word, word almal na wie
daar as "Regs" verwys word in 'n negatiewe lig gesien. Nou kan daar maar
meer lig op die saak gewerp word. Die skade is egter reeds gedoen danksy
Beeld en al sy wanpropaganda trawante.

Die vraag wat egter ontstaan is: Moet ons almal nou "Links" wees? Moet ons
daarmee saam ook "Slinks" wees en lieg om ons politieke doelwitte te bereik?

Wanneer is jy nou eintlik "Regs"?

As jy 'n Vierkleur laat wapper?

As jy die stem sing?

As jy staan en veg vir die behoud van dit wat kosbaar is vir jou en jou
volk?

As jy beginselvas is?

As jy nie blindelings agter alles wat "nuut" is aanhardloop nie?

As jy nie deel van die reenboognasie nagmerrie wil wees nie?

As jy gekant is teen die verknegting van jou volk onder 'n volksvyandige
regering?


Laat ons "Regses" onsself maar eerder by die waarheid bepaal. Daar is genoeg
FEITE om ons sienings, optrede en ideale te staaf.

Los die leuens vir die slinkse Linkses....