Thursday, September 11, 2008

Kultuurdag





 
 
Volksgenote,
 
Na die sukses van die Kultuurdag wat gehou is op die 31ste Mei 2008 by die Paardekraal monument, het ons geen ander keuse gehad as om weer 'n feesdag te reel nie. Die volgende feesdag is dan ook op die 11 Oktober 2008 - Heldedag. Daar is ook besluit om hierdie feesdag groter en beter as die die vorige geleentheid te maak.
 
 
Die program vir die dag is as volg:
 

10h00              Opening & Verwelkoming

 

10h15             Vlaghysing

 

10h25              CVO Brandwag – Die Stem

 

10h30              Henk v/d Graaf Toespraak

 

10h45              Paul Kruger Toespraak

 

11h00              Eclips

 

12h00              Handhawerjeug

 

13h00              Volkspele                    

 

14h00              Coreen (Bloedriver-lied)

 

15h00              Penkoppe (Boere-orkes)

 

16h00              Program sluit

 
 
 
Geen volksfees sal volledig wees sonder dat daar nie ook heelwat te ete is nie en die plaaslike kerke sal 'n verskeidenheid kosstelletjies aanbied. Dan is ons bevoorreg om nie minder nie as drie outeurs teenwoordig te he; Dr Cas Bakkes (Boskroniek) Prof Kobus Pienaar (Waarheid en Wysheid) en Dolf Buitendach (Simantiese bedrog). Van die ander aktiwiteite sluit in skyfskiet en perderitte. Daar sal ook 'n konsentrasiekamp-foto uitstalling wees, komplimente van Kraal uitgewers.
 
Ons volk het reuse morele helde opgelewer, dit is ons plig om hulle te onthou. 
 
 
Vriendelike groete,
 
 
Ben Geldenhuys
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

No comments: