Friday, September 12, 2008

Volksheld: Oom HS van Blerk

Geagte Bravolanders

Een van ons volk se groot geeste, Oom Hendrik van Blerk, wat al
tientalle boeke oor ons volk se geskiedenis geskryf het en steeds baie
moeite, tyd en geld aan Majuba spandeer, het op 15 Julie vanjaar 'n
hartaanval gehad. Oom Hendrik is gelukkig vir ons gespaar en is op 19
Julie uit die hospitaal ontslaan en weer by die huis, al was hy maar
nog swak.

Drie weke gelede (net vier weke na die hartaanval) is Oom Hendrik weer
in die hospitaal opgeneem met simptome wat weer gelyk het na 'n
hartaanval. Die dokter het dit egter gediagnoseer as hartversaking.
Dus gaan Oom Hendrik, wat nou 92 is, baie mediese onkoste hê en hy en
sy vrou, Tannie Nell, het nie 'n mediese fonds nie.

Die Bravoland Ondersteunersklub is gestig om ons volksgenote te help
wanneer hulle dit mag nodig hê, en het dit goedgedunk om R2000.00 vir
Oom Hendrik se hospitaalonkoste uit die klub by te dra. Die volksraad
het ook ingespring en vinnig is daar uit hulle sakke nog R1700.00
ingesamel as bydrae vir hierdie skenking. Dus het ons tot op hede
R3700.00.

Ek wil graag 'n beroep op Bravolanders doen om ook 'n bydrae te maak,
hoe gering dit ook al mag wees, elke bietjie help.

Bydraes kan in die Bravoland Ondersteunersklub se rekening inbetaal
word, en die hele bedrag sal dan vroeg in volgende week oorbetaal word
in Oom Hendrik se rekening.

Die bankbesonderhede is:

Naam: Bravoland Ondersteunersklub
Bank: ABSA
Tipe: Tjek
Tak: Mosselbaai
Rek nr: 407 1429 502
Takkode: 632 005


Alle deposito's moet asb. 'n duidelike verwysing hê. By die
verwysingsblokkie kan u HSvanBlerk skryf.

Baie dankie aan almal wat reeds 'n donasie gegee het en wie nog 'n
donasie gaan gee. Dit word opreg waardeer en is vir 'n goeie doel.

Vir Oom Hendrik is geen opoffering te groot nie, kom ons wys ons
waardering vir alles wat hy vir die volk opgeoffer het.

Vriendelike groete


Bravoland Ondersteunersklub
Uit die Volk - vir die Volk


Vir meer inligting en vrae, kliek op die volgende skakel:
Oom HS van Blerk

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3842.49057;topicseen#new

No comments: