Monday, September 22, 2008

Tuiskoms - Bravolanders se gedigte

Tuiskoms

Deur die vlaktes van ons verlede
oor die berge van ons hede
reik ons na die spitse van die toekoms
Die hoop het kom vlam in ons hart
altyd vergete is die pyn en smart
in Bravoland is ons tuiskoms.

In die verte wink die vryheid vir ons volk
geen gedagtes meer aan die donker wolk
ons gaan die toekoms tegemoet.
Vir Volk en Vaderland het ons baklei
laat ons ook vir ons nuwe land bly stry
'n land wat ons met ope arms begroet.

So staan op en word nie weer bedroef
ons is alreeds so lank al beproef
so wyd soos die see en die sand
so wyd soos die Heer se gena
so lank soos Hy ons al dra
Sy seen altyd op ons en Bravoland.

SC Burger 26/08/2007

No comments: