Saturday, September 20, 2008

Bravolandnuusbrief 4

Bravoland-Nuusbrief

Bravonuusbrief 4

15 September 2008

1. Bravoland se bydrae tot die ROOILINT-aksie

2. Radio Pretoria verjaar!

3. Volksekonomie

4. Heldedag - Paardekraal-Monument - 11 Oktober 2008


----------------------------------------------------------


ROOILINT-Aksie

Lees meer oor die aksie:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3847.0

Amptelike verklaring:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3848.0

----------------------------------------------------------


Radio Pretoria, 15 jaar in diens van die volk

Donderdag18 September 2008 is Radio
Pretoria vyftien jaar jonk. Van die vyftien jaar het die Radio vir elf
jaar lank 'n verbete stryd gevoer om aan die lewe te bly. Aanvanklik
was dit die verkryging van 'n lisensie wat sake moeilik gemaak het en
toe die eerste een jaar-lisensie uitgereik is, was die Radio
finansieel so geknak dat voortgang bykans onmoontlik sou wees.

Vandag, vyftien jaar later, word Radio
Pretoria se stem nie net in Transvaal gehoor nie. Die helder boodskap
van u eie Radio kan ook per satelliet gehoor word oor die ganse
Suider-Afrika. Die internet-uitsendings is wêreldwyd hoorbaar, en
Radio Pretoria het luisteraars van Rusland, tot die Falkland, in
Kanada, Amerika, Europa, China tot in Australasië.

Op Saterdag 20 September 2008 word die
vyftiende verjaarsdag feestelik gevier daar op Kleinfontein waar die
nuwe 100 meter hoë uitsaaitoring na die wolke reik.

As u u kan vereenselwig met Radio
Pretoria, kom dan en geniet die dag saam met ons. Daar sal musiek,
lekkernye en Radio Pretoria aandenkings te koop wees. Daar gaan baie
mense wees, almal teenwoordig se name gaan op 'n massiewe rol
ingeskryf word om bewaar te word vir die jare wat kom...

Bring die hele familie, genoeg stoele en
dalk 'n sambreel as beskutting teen die hitte van die Afrika-son.

Sien jou daar - Saterdag 20 September 2008
- ons gaan 9:00 begin!


Volksekonomie

Op Woensdag 24 September vanjaar word 'n
vergadering belê met alle behoudende belangstellendes in die
sakewêreld om hierdie aksie te loods - dit behels twee belangrike
komponente. Ten eerste moet die vestiging van ons volkseie sakekamers
op elke dorp en stad voorrang geniet. Daardeur kan ons ons mense
begelei om weer volksgerig te dink voordat hulle sake doen met
volksvreemdes. Dit is ook so dat hierdie aksie die geleentheid bied om
werkskepping te bevorder deur ons eie mense wat sakemanne is, bymekaar
te kry en sodoende hul gesamentlike kundigheid aan te wend ter
vestiging van nuwe sakeondernemings, nuwe nywerhede, nuwe instellings
- en deurlopend word ons volk se geld spandeer en aangewend tot
voordeel van ons volkshuishouding - met die bedoeling om ons volkseie
ekonomie te vestig.

Maar dit beteken ook dat ons die ou begrip
weer moet laat herleef - die sakekamers moet saamstaan en weer hul eie
Handelsinstituut vestig wat al hierdie sake kan koördineer - en om dit
te doen, het ons mekaar nodig as Afrikaners, sakemanne met integriteit
wat weer die belange van ons volk sal dien sonder om as sakeman sy
strewes na te laat.

Met die daarstelling van ons eie
sakekamers, gekoördineer in ons eie Handelsinstituut kan ons ons volk
weer oprig uit die moeras van armoede, want daaruit kan nuwe besighede
ontstaan wat gesamentlik deurdink en gevestig word, wat
werksgeleenthede opwek vir diegene wat sukkel om te bly voortbestaan.
Dit is die meganisme wat kan meehelp om ons jongmense die geleentheid
te bied om entrepreneurs te word, wat met die kundigheid van ervare
sakemanne, weer 'n holte vir die voet in ons eie land kan vind.

Benewens dit alles, het ons 'n
verantwoordelikheid om ons eie te beskerm en uit te bou. met die
genoemde beplanning wat nou voor ons staan, kan ons 'n nuwe begin maak
op ekonomiese terrein wat die ontsettende armblanke vraagstuk, sowel
as die uitbeweeg van ons jonger geslag wat uitstekende opleiding het,
maar steeds nie in diens geneem word in ons eie land nie, se uitbeweeg
stuit en selfs omkeer sodat hulle weer terugkeer na hul geboorteland.

Lees ook oor die Huis van Oranje Spaar en
Krediet: http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3731.0


Heldedag 11 Oktober 2008

Na die sukses van die Kultuurdag wat gehou
is op 31 Mei 2008 by die Paardekraal-Monument in Krugersdorp, het ons
geen ander keuse gehad as om weer 'n feesdag te reël nie. Die volgende
feesdag is dan ook op 11 Oktober 2008 - Heldedag. Daar is ook besluit
om hierdie feesdag groter en beter as die vorige geleentheid te maak.


Die program vir die dag is as volg:

10:00 Opening & Verwelkoming

10:15 Vlaghysing

10:25 CVO Brandwag - Die Stem

10:30 Henk v/d Graaf Toespraak

10:45 Paul Kruger Toespraak

11:00 Eclips

12:00 Handhawerjeug

13:00 Volkspele

14:00 Coreen (Bloedriver-lied)

15:00 Penkoppe (Boere-orkes)

16:00 Program sluit

Geen volksfees sal volledig wees sonder
dat daar nie ook heelwat te ete is nie en die plaaslike kerke sal 'n
verskeidenheid kosstelletjies aanbied. Dan is ons bevoorreg om nie
minder nie as drie outeurs teenwoordig te hê - dr. Cas Bakkes
(Boskroniek), prof. Kobus Pienaar (Waarheid en Wysheid) en mnr. Dolf
Buitendach (Semantiese bedrog). Van die ander aktiwiteite sluit in
skyfskiet en perderitte. Daar sal ook 'n
konsentrasiekampfoto-uitstalling uit die ABO wees, met komplimente van
Kraal-Uitgewers.

Lees meer:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3734.0

----------------------------------------------------------


www.bravoland.co.za


----------------------------------------------------------

No comments: