Wednesday, September 3, 2008

Radio Pretoria se 15de verjaarsdag

Donderdag,18 September 2008, is Radio Pretoria vyftien jaar jonk. Van
die vyftien jaar het die Radio vir elf jaar lank 'n verbete stryd
gevoer om aan die lewe te bly. Aanvanklik was dit die verkryging van
'n lisensie wat sake moeilik gemaak het en toe die eerste eenjaar
lisensie uitgereik is, was die Radio finansieel so geknak dat
voortgang bykans onmoontlik sou wees.

Vandag, vyftien jaar later, word Radio Pretoria se stem nie net in
Transvaal gehoor nie. Die helder boodskap van u eie Radio kan ook per
satelliet gehoor word oor die ganse Suider Afrika. Die internet
uitsendings is wêreldwyd hoorbaar, en Radio Pretoria het luisteraars
van Rusland, tot die Falkland, in Kanada, die VSA, Europa, China tot
in Australasia.

Op Saterdag, 20 September 2008, word die vyftiende verjaarsdag
feestelik gevier daar op Kleinfontein waar die nuwe, 100 meter hoë
uitsaaitoring na die wolke reik.

As u u kan vereenselwig met Radio Pretoria, kom dan en geniet die dag
saam met ons. Daar sal musiek, lekkernye en Radio Pretoria aandenkings
te koop wees. Daar gaan baie mense wees, almal teenwoordig se name
gaan op 'n massiewe rol ingeskryf word om bewaar te word vir die jare
wat kom…….

Bring die hele familie, genoeg stoele en dalk 'n sambreel as
beskutting teen die hitte van die Afrika son.

Sien jou daar – Saterdag 20 September 2008 – ons gaan 9.00 vm begin!

No comments: