Saturday, September 13, 2008

Onregmatige naamsveranderings

Uit die kantoor van die President : Bravoland


Dit is nou ruim 15 jaar sedert ons vryheid soos 'n dief in die nag van
ons gesteel is. Vir 15 jaar moes ons die propagandistiese aanvalle van
die ANC trotseer en sluk. Vir dieselfde 15 jaar moes ons telkens keer
as ons erfenis op arrogante wyse deur hierdie terroristebende vertrap
en vernietig word. Net om deur dieselfde bende beskuldig te word van
rassisme en dat ons in die pad staan van transformasie.

Alles wat ons eens opgebou het is verniel, vernietig en dit wat oor
is, se name word verander. Ook is daar nou besluit om die strate in
Pretoria se name te verander. 'n Redelike mens sal aanvaar dat indien
jy iets gebou het, gekoop het of geboorte geskenk het daaraan, dan het
jy die reg om dit 'n naam te gee. Die strate in Pretoria het die ANC
nie gebou nie, hulle kan dit beswaarlik met ons belastinggeld in stand
hou!

Laat ons dan maar kyk na wat het hulle tot stand gebring in die laaste
15 jaar. Geen haan sal daarna kraai as hulle hul terroristehelde
vernoem na wat hulle self tot stand gebring het nie.

Die Nuwe Suid-Afrika is wêreldbekend vir misdaad, korrupsie en swak
dienslewering. Dit is al. Dit is al wat die ANC in 15 jaar tot stand
kon bring.

Hoe min dit ookal is, sal ons werklik nie omgee dat hulle wie hulle
ookal wil vernoem na dit wat hulle opgerig het nie. Ons sal selfs die
name gebruik en wyd verkondig!

Intussen stel ons voor dat hulle maar ons erfenis met ruste laat.
Hierdie is 'n omgekrapte volk, wat net soveel kan vat voordat hy
breekpunt bereik. Die magtige Britse empire kan sekerlik daarvan
getuig. Ook die eens magtige Dingaan. Moet nou nie die vreedsame volk
druk om op te tree om sy eie te beskerm nie!


Die uwe,

Ben Geldenhuys

No comments: