Tuesday, August 4, 2009

Paardekraal Monument Vandalisme

Volksgenote

Die PVJ het die volgende inligting ontvang van die Paardekraal Verkennerspos
in Krugersdorp.

Ons deel dit met u, sodat daar kennis geneem kan word van hoe disrespekvol
daar met ons kultuurgoedere gehandel word.

Laat ons altyd bou en beskerm, dit wat vir ons kosbaar is en nooit soos die
res van Afrika afbreek, omdat hulself weinig indien enige iets het waaraan
hulle gebou het nie.

-----------------------------------------------------

Sedert 2007 is daar op gereelde grondslag voorvalle van diefstal en
fandalisme by die Paardekraal Monument in Krugersdorp. Die koperkabels wat
die elektriese toevoer voorsien is weg gedra en feitlike alle metaal items
is gesteel. Dit sluit in lamppale en vlagpale. By die badkamers is daar
gereeld in gebreek en alle koper krane en pype is gesteel. Na die badkamers
herstel is, is daar op die dag wat die herstelwerk gedoen is, weereens
ingebreek en weereens is die krane gesteel. Al die nuwe wasbakke is ook
tydens hierdie inbraak gebreek. Daar is duisende Rande spandeer, nie net om
die verwoesting te herstel nie, maar ook om dit wat nog daar is, veilig te
kry. So is daar byvoorbeeld by die badkamers doringvurkhekke opgesit en
verskeie vensters is met staalplaat toe gemaak. Ongelukkig is ook hierdie
staalplaat gesteel en so ook die doringvurkhekke.

Vir die Paardekraal Verkenners, soos menigste ander Afrikaners lê die
Paardekraal Monument baie naby aan die hart. Gevolglik is daar besluit om 'n
strategie te ontwikkel om Paardekraal te beveilig. 'n Taakspan is aangestel
onder leiding van Sid Mann wat al die moontlikhede ondersoek het en het met
'n strategie na vore gekom wat nie net die terrein sal beveilig nie, maar
ook sal poog om die terrrein te herstel tot 'n bruikbare toestand waarop
volksgenote weer trots kan wees.

Hierdie plan is aan die Paardekraal Feeskomisie voorgelê en is ook
goedgekeur. Ook is nodige fondse hiervoor deur die Paardekraal Feeskomisie
goedgekeur. Op Dinsdag 28 Julie 2009 is daar dan ook begin met die
opgradering van die sekuriteit. Volgens beplanning sal daar 'n dubbelheining
opgerig word, waarby die binnekantste heining ge-elektrifiseer sal wees en
ook gekoppel sal wees aan 'n alarm. Die kampterrein sal ook weer voorsien
word van elektrisiteit. Verder word daar ook beplan om 'n terreinopsigter
aan te stel wat op die terrein sal woon. Hierdie eerste fase van die
verbeterings behoort teen September afgehandel te wees.

Ben Geldenhuys

Voorsitter

Paardekraal Verkenners

[image: 024b.jpg]

Gemors wat voor die monument gegooi is.

[image: 027b.jpg]

Poging om stoor oop te breek. Let op die waterpype wat gesny is om te sien
of daar kragkabels in is.

[image: 028b.jpg]

Sinnelose skade aan die gebou.

[image: 029.jpg] [image: 035b.jpg] [image: 038b.jpg] [image:
04082009008b.jpg] [image: 04082009010b.jpg] [image: 04082009011b.jpg] [image:
04082009012b.jpg] [image: 04082009016.jpg] [image: 04082009017b.jpg]


__

--
Werner Smook
Voorsitter: Pretoria Verkenners Jeug

No comments: