Tuesday, August 25, 2009

Bravolanders se gedigte

BESKIKTE VOLK

Waarom sou God die roete om die Kaap laat ontdek
en dit dan laat vergaan in woesteny?
Waarom sou Hy Hollanders hierheen laat vertrek
as Hy hulle in Europa wou laat bly?
Waarom beskik Hy 'n volksplanting aan die Kaap
terwyl die land tog vol Afrikane kon wees?
Waarom versteur Hy die land wat vir eeue al slaap
en vestig Hy 'n beskaafde volk wat Hom vrees?
Waarom stuur Hy juis van Brittanje setlaars
as die Xhosas reeds amper daar was?
Waarom beskik Hy 'n grensoorlog: só barbaars
dat die Boere met hul waens die binneland in verkas?
Waarom stuur Hy vir Piet Retief met 'n traktaat
na Dingaan om deur hom vermoor te word?
Waarom laat kom Hy deur Bloukrans en Wenen 'n jammerstaat
waarin die Boere trane en bloed stort?
Waarom die klinkklare sege van Bloedrivier
as die Boere nie die land moes bewoon?
Waarom laat Hy die Boere deurgaans seëvier
en voer hulle in elke aanval die bo-toon?
Waarom bring Hy oorloë teen Brittanje - só wreed
maar gee aan die Boere telkens die oorwinning?
Waarom word die unie en republiek dan konkreet
waarin alles gestel word onder sy beskikking?
Waarom oorleef hierdie volk terroristebomme
geplant op ons grense en stasies?
Waarom is die volk steeds onoorwonne
en bly gelowig in alle situasies?
Waarom twyfel mense dan nou aan die toekoms
net omdat 'n nuwe vyand ons bedreig?
Was daar nie altyd antwoorde vir al ons hoekoms
wanneer ons nederig voor die Almagtige swyg?
Adri van Staden (25/8/09)

http://www.bravoland.co.za

No comments: