Monday, March 15, 2010

Uitdaging aan Malema

Media Verklaring

11 Maart 2010

Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika, het met woede kennis geneem van die
leier van die ANC jeugliga se oproep dat boere geskiet moet word. Sedert
1994, toe die ANC oorgeneem het, is daar reeds meer as 3000 boere, meestal
bejaardes en vrouens, op die wreedste moontlike manier op plase vermoor. Die
regering van die dag maak ook hierdie moorde af as blote misdaad, maar as
mens in ag neem dat in baie gevalle niks gesteel word nie, is dit onsinnig
om hierdie wreedheid as blote misdaad af te maak.

Malema se uitlating word deur die Verkenners Beweging van Suid-Afrika geag
as aanhitsing tot plaasmoorde en is vir die Verkenners totaal onaanvaarbaar.
Veral as in ag geneem word dat dit meestal bejaardes en vrouens is wat op
plase vermoor word.

"As Malema so graag 'n boer wil skiet, laat hy my kom skiet en nie ander
mense aanhits om weerlose bejaardes en vrouens te vermoor nie" het die
Nasionale Sekretaris van die Verkenners Beweging, Mnr. Ben Geldenhuys gesê.
Hy het bygevoeg: "Om dit vir hom maklik te maak, sal ek op die 19de Maart
2010 om 12h00, by Fort Schanskop vir hom wag".

Die Verkenners Beweging het ook kennis geneem van talle klagtes wat teen
Malema ingedien is by die menseregte kommissie, die Verkenners is egter van
mening dat hierdie klagtes tot niks sal uitloop, aangesien Malema
klaarblyklik superklas burgerskap het.

Ben Geldenhuys

Nasionale Sekretaris

Verkenners Beweging van Suid-Afrika

No comments: