Thursday, March 11, 2010

Afrikanerfront aksie

Geagte Volksorganisasies

Hiermee wil ons graag aan u die besonderhede van die
spitbraaikompetisie bekend maak.

Doel: Interaksie van volksorganisaies op 'n informele vlak sowel as
fondsinsameling geleentheid vir u organisasie en die Afrikanerfront.
Datum: 10 April 2010
Plek: Kleinfontein Sportgronde
Tyd: 08h30


BENODIGHEDE WAT U MOET SAAMBRING:
Spitbraai en vleis (skaap,hoender,os.........).
Eie vuur (Kragpunte word voorsien alleenlik vir die spit om te draai).
Eie tafels, stoele en tent afdakkie.
Elektriese verlengingskoord.
Enige iets wat die stalletjie mooi sal opkikker (Daar is 'n prys vir
die oorspronlikste stalletjie).

Elke organisasie sal kaartjies ontvang om te verkoop teen R60.00 per
volwassenes en R20.00 vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar.(Neem
asseblief kennis die aantal kaartjies sal afhang van die hoeveelheid
vleis wat u op die spit het).
Alle inkomste uit die kaartjie verkope word saam getel en verdeel
tussen die Afrikanerfront en deelnemende organisasies na vereffening
van die uitgawes.

Aksie Vrouekrag verskaf eetgerei en bykosse ( Pap en sous, rys,
tuisgebakte brood met konfyt en mengelslaai.).

Daar gaan drie pryse wees en sal soos volg beoordeel word:

Prys vir die lekkerste spit .
Prys vir die oorspronklikste spit stalletjie.
Prys vir die spit stalletjies met die beste gees.

Indien u organisasie 'n prys wil borg sal dit baie waardeer
word.Dankie aan Huis Van Oranje wat reeds van die pryse geborg het.

Besprekings vir enige ander stalletjies behalwe kos kan gedoen word by
Sonja 0823916990 teen R100.00 'n stalletjie. Neem asseblief kennis dat
stalletjies by 08h30 opgeslaan moet wees.Verkope kan om 09h15 begin.
Daar sal verskeie kosstalletjies deur die dag beskikbaar wees asook 'n
springkasteel vir die kinders.

Voorlopige program vir die dag:

08h30 – 09h15 Vlaghysing

Opening – Andries Breytenbach

Verwelkoming – Aliena Beyers

Praatjie oor Van Riebeeckdag – Henk van de Graaf

10h00 – 10h30 Volkspele

11h00 – 12h00 Penkoppe (Boereorkes)

13h00 – 14h00 Kunstenaar - Ruan Wepener

14h00 – 14h30 Beoordeling van spit stalletjies ('Alet Erasmus van
Radio Pretoria en span)
Bekendmaking van wenners

14h30 tot laat Lekker saam kuier

Indien u belangstel, kontak ons asseblief voor Vrydag 12 Maart 2010
per e-pos aan anneke@platinumfinancial.co.za of skakel ons by
onderstaande nommers:

Aliena Beyers - 082 426 5589
Anneke Geldenhuys – 083 980 4366


Boeregroete,

Donkerhoek Aksie Vrouekrag.

No comments: