Tuesday, March 16, 2010

Malema-moorde

Mediaverklaring - 16 Maart 2010

Na aanleiding van 'n televisiedebat tussen onder meer die
Verkennersbeweging en die ANC, het die ANC bekend gemaak dat hulle,
ten spyte van verdere plaasmoorde wat gevolg het op Malema se opdrag
dat Boere geskiet moet word, sing van die liedjie "SKIET DIE BOER"
steeds goedkeur en derhalwe aanmoedig. Vanweë die bedreiging van
hierdie rassistiese haat wat die ANC teenoor Blankes openbaar, wil die
Verkennersbeweging 'n beroep op FIFA doen om die sokkerwêreldbeker in
Suid-Afrika te stop. Dit is duidelik dat die Blankes vir die ANC 'n
teiken geword het om uit te moor en uit te wis. Dit sou gevolglik dus
onverskillig wees as blanke toeriste wat na Suid-Afrika kom, nie
betyds gewaarsku word dat ook hulle lewens bedreig word en dat hulle
ook teikens van die ANC sal wees.

Weens die oorweldigende steun vir die uitdaging wat Ben Geldenhuys van
die Verkennersbeweging aan Malema gerig het om hom om 12:00 op Vrydag
19 Maart 2010 te Fort Schanskop te kom skiet, het die
Verkennersbeweging besluit om 'n beroep op Suid-Afrikaners te doen om
op 19 Maart 2010 om 12:00 'n minuut stilte te handhaaf uit respek vir
die talle boere wat reeds sedert 1994 vermoor is.

Die Verkenners sal ook alle plaasmoorde wat na 8 Maart 2010 gepleeg
word as "Malema-moorde" beskou. Ons doen derhalwe 'n beroep op
volksgenote om hierdie voorbeeld te volg, want 8 Maart 2010 is immers
die datum waarop Malema aan sy ondersteuners opdrag gegee het om boere
te skiet, omdat hulle kwansuis verkragters is. Die Verkenners beskou
dit as 'n lae intensiteit oorlogsverklaring teen die Afrikaners in
besonder die blankes in die algemeen. Ons doen dus 'n beroep op
Afrikaners en alle ander blankes om paraat te wees teen voortgesette
lafhartige moordaanvalle wat op Malema se opdrag gaan volg en dit met
sukses af te weer.

No comments: