geskiedenis die goeie te neem en daarop 'n toekoms te bou.
Helaas gebeur dit nog te veel dat ons eerder verkies om die slegte uit
die geskiedenis te neem, en dan dit as rede voor te hou waarom ons
niks moet doen.
Tans word daar baie aandag gegee aan die herdenking van die
Reddingsdaadkongres sewentig jaar gelede. En inderdaad moet
Solidariteit gelukgewens word met hierdie inisiatief, want ook ons
jonger geslag word weer op hoogte gebring met wat kan gebeur as 'n
volk besiel word met 'n visie. Ja, ook 'n ekonomiese visie van
bevryding, selfonderhoud en uiteindelike ekonomiese vryheid.
Ons het al die opkoms van 'n volksekonomie gesien in die talle
volkseie ondernemings; 'n groep volkseie sakelui saam in die Oranje
Sake-Instituut; die vestiging van 'n Volksbank, Oranjekas; en die
bevordering van volkseie onderwys deur die BCVO en tuisonderwys.
Tog kry ons die idee dat selfs van ons eie mense en instellings nog
nie werklik oortuig is in die krag van eendrag nie. Ons sien nog te
veel spreekwoordelike wiele wat herontwerp word. Maar ons beleef ook
dat ons nog nie die vertroue het dat ons volk weer bereid sal wees om
sy offers te bring nie, en dan gebeur daar intussen dinge wat juis die
volk se vertroue ondermyn.
Die Bybel het ons al die beginsel geleer dat geen twee here gedien kan
word nie. Hierdie waarheid sal ons ook in ons volkslewe, ons
volksekonomie en in die algemeen moet besef en begin uitleef, want
slegs op daardie beginsel sal die volk ook weer sy dikwels geskokte
vertroue herstel.
As ons besluit op 'n volksekonomie, is dit 'n volksekonomie. Dan is
daar geen kompromis moontlik met die vyand se ekonomie nie. Ons kan
nie aanspraak maak op volkskap en volkondersteuning, maar intussen
agterlangs een of ander vorm van ondersteuning van die ANC-bestel
ontvang by wyse van skenkings of subsidies nie, wel wetende dat die
klomp Kommuniste een of ander tyd hulle pond vleis in ruil daarvoor
kom opeis. Ons kan ook nie ter wille van 'n goedkeurende knik van die
vyand, toelaat dat ons weer begin deur ons eie instellings met "net
een of twee" volksvreemdes te belas nie, want dit kom neer op
ekonomiese integrasie, kultuurintegrasie, en uiteindelik fisieke
integrasie. Dit is juis met daardie "een of twee" dat ons sportbeleid
die weg vir algehele oorgawe gebaan het. Ons moet uit die verlede die
slegte neem, en seker maak ons bewandel nie weer daardie weg nie.
Bowenal moet ons eerlik wees. As ons volkseie is, is ons honderd
persent volkseie, nie 99,9 persent nie. Ons moet wys dat ons vertrou
kan word, en daardeur kan ons weer by 'n ontnugterde volk vertroue
skep. Vergeet van slim "strategieë", want ons vyand is nie onder 'n
kalkoen uitgebroei nie. Eerlikheid en eerbaarheid sal die weg van die
toekoms moet wees. En ons hier by die Verkenners is bereid om heel
eerste die hand in eie boesem te steek om seker te maak dat ons die
pad reguit en eerlik stap, tot by algehele volksvryheid.
http://paardekraalverkenners.blogspot.com/2009/10/neem-uit-die-geskiedenis-die-goeie-en.html
5 comments:
Hoe sien u dan staatsubsidies aan CVO-skole? Dit kan gesien word as nuttig vir Afrikaners se onderwys, maar soos u dit uitspel, klink dit of die toesig en moontlike seggenskap wat die staat daardeur in die skole kan kry, die geld nie werd is nie?
Groete
Leonard van der Dussen
"As ons besluit op ‘n volksekonomie, is dit ‘n volksekonomie."
As mens die staat se geld in subsidievorm aanvaar, gee jy vir die staat reg tot insae en segenskap. Met 'n vyandige staat, sal so besluit 'n fout wees.
Dit sal u dalk interesseer om te verstaan watter CVO-skole kry subsidie en watter nie en hoe dit hulle raak.
Ek oordeel nie te gou nie, hoewel ek kan getuig van die voordele vir 'n Afrikanerskool om sonder subsidie en sonder staatsinspeksies onderwys aan te bied.
Ek sal beslis geintereseerd wees in watter CVO skole ontvang subsidie en hoe dit hul raak .
Dis elke CVO-skool se voorreg om vir homself praat. Daar is van hulle wat staatsubsidie ontvang, en dus anders optree as wat Ben Geldenhuys voorstel hoe dit moet wees.
Dis nie so eenvoudig om sommer van buite af hierdie skole te kritiseer daaroor nie, want fondse is handig en kan goed aangewend word. Dit het egter die uitwerking dat dit 'n verbintenis met die staat daarstel, soos wat dit in die Bravoland-artikel waaroor hierdie bespreking eintlik gaan, genoem word.
U kan die BCVO-kantoor kontak vir meer besonderhede, of op www.bcvo.co.za die skolelys raadpleeg en die skole kontak as u verder belangstel in die saak. Die bemarkingspersoon kan gekontak word by lucia@bcvo.co.za
Dit gaan egter nie soseer oor die detail van subsidiesaak nie, maar om daarop te wys dat persepsies oor onafhanklikheid, oor ideale van volledige selfstandigheid soos wat Ben Geldenhuys dit gestel het, en die werklikheid van ons huidige bestaan op die oomblik nie noodwendig is soos wat mense dit vir hulleself voorstel nie.
Vir diegene wat dalk geïnteresseerd is: CVO Skool Verwoerdburg (waarby ek betrokke is) het nog nooit enige staatsubsidie of staatshulp van enige vorm ontvang nie.
Post a Comment