Sunday, May 10, 2009

Voortrekkermonument verset aksie

Die Pretoria Verkenners Jeug het gistermiddag (9 Mei) 'n aksie geloods teen
die verkoop van allerlei ongepaste goedere by die geskenkwinkel van die
Voortrekkermonument. Die goedere het niks met ons volksgeskiedenis te make
nie.
Die aard van die goedere wissel van volksvreemd, volksvyandig, immoreel tot
selfs on-Christelik. Sien gerus die foto's aangeheg.

Ons vra omverskoning vir die lae gehalte van die polisie foto's.

Die klagskrif is aan mnr. Kobus Jacobs, die logistieke bestuurder van die
Voortrekkermonument deur ons sekrataris, mnr. Ruan Combrink oorhandig.

Luister gerus ook die klankbaan van die nuusberig wat dieselfde aand om
8 uur op Radio Pretoria uitgesaai is. Die naam daarvan is: VTM Besetting

Hier volg ons amptelike persverklaring:

--------------------------------------------------------------------

Persverklaring

Ons, die Pretoria Verkenners Jeugpos, het besluit om op 9 Mei 2009 sigbaar
en duidelik protes te lewer teen die volksvreemde goedere wat in die
Voortrekkermonument Geskenkwinkel verkoop word. Die Voortrekkermonument is
eerstens 'n huldeblyk aan die trekkers van die Groot Trek en dus 'n baken
van die Afrikanervolk se vryheidstrewe. Daarom voel ons dat die
geskenkwinkel ook homself uitsluitlik op die voortrekker- en dus die
Afrikanerkultuur behoort toe te spits. Tans is dit nie die geval nie. Eerder
word goedere verkoop wat verteenwoordigend is van organisasies en elemente
wat juis geveg het om weer die Afrikaner van sy vryheid te beroof.

Verskeie pogings is aangewend om op 'n minder sigbare manier die goedere te
laat verwyder. Briewe is gestuur aan Mnr. Gert Opperman, hoof uitvoerende
bestuurder van die Voortrekkermonument asook aan die eienares van die
Voortrekkermonument geskenkwinkel, Mnr. Opperman het daarop geantwoord deur
onder meer te meld dat die winkel verhuur word en deur die eienares vir eie
wins of verlies bedryf word. Geen antwoord is van die eienares ontvang nie.
Mnr. Opperman het na 'n onderhoud met Radio Pretoria, waartydens hy kennis
geneem het van die Verkenners se voorneme, 'n afspraak aangevra tussen
homself en lede van die verkenners. By navraag is egter van Mnr. Willie
Smith, bemarkingsbestuurder, verneem dat Mnr. Opperman eers oor ten minste
'n week sou kon vergader. Dit is 'n doelbewuste sloeraksie wat nie vir die
eerste keer deur Mnr. Opperman gebruik is nie. Ons sien dit as die
lafhartige ontduiking van 'n probleem wat moet aangespreek word. Daarom het
ons hierop besluit om met aksie voort te gaan.

Om ons misnoeë te kenne te gee het 'n groep van ons in die winkel ingegaan
en daarop aangedring dat die goedere verwyder word, waarop die polisie
ontbied is deur mnr. Kobus Jacobs, die logistieke bestuurder. Nadat die
polisie opdrag gekry het van mnr. Jacobs en die winkel eienares om ons te
arresteer, het ons aangebied om vrywilliglik die perseel te verlaat indien
ons 'n klagskrif kan oorhandig. Die klagskrif is oorhandig, sowel as 'n
ampelike steunbrief van die Afrikanerfront wat 25 Afrikaner
volksorganisasies verteenwoordig. Mnr. André Alkema, dagbestuurslid van die
Afrikanerfront was ook teenwoordig.

Daarna moes ons onder polisie begeleiding die perseel verlaat, maar nie
voordat ons deeglik deursoek is en ons voertuie se registrasienommers
afgeskryf is nie.

Dit is uiters teleurstellend dat die Voortrekkermonument se bestuur en die
eienares van die Voortrekkermonumentgeskenkwinkel bereid was om volksgenote
te laat arresteer, omdat hulle opstaan vir die beginsels en waardes wat deur
hierdie eindste monument gesimboliseer word.

Indien nie aan hierdie versoek voldoen word nie sal die Verkenners aanhou
druk plaas op die bestuur van die monument.

Ruan Combrink

Sekretaris: Pretoria Verkenners Jeug.


-------------------------------------------------------------------------

Werner Smook
Voorsitter: Verkenners Jeug Pretoria

No comments: