Tuesday, December 20, 2011

Wednesday, October 5, 2011

Seënwense aan VVK Volksraad

Bravoland wens hiermee die nuut verkose Volksraad alle sterkte toe vir die groot taak wat voor die deur lê.

Ons weet dat die volk in goeie hande is met die puik manne wat verkies is. Dit is almal manne wat al diep spore in die volks akker getrap het .

Waar Bravoland 'n vry kuber staat is, bid en vertrou ons dat hierdie nege tal manne volks vryheid 'n werklikheid gaan maak in 'n begrensde grondgebied. Ons Hemelse Vader se seën word  julle toegebid in hierdie reuse taak wat julle namens die volk aanpak.

Bravoland beloof hiermee ook haar steun in enige take wat die Volksraad aanpak. Julle kan gerus op ons knoppie druk wanneer julle dit benodig.

Seën wense,

Alwyn de Klerk
Staatspresident

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,6091.0.html

Friday, April 15, 2011

Nuusbrief 15 April 2011


Weeklikse nuus uit jou land , Bravoland . U ontvang hierdie nuusbrief deur lidmaatskap by Bravoland . Om verwyder te word vanaf die poslys kliek op Unsubscribe aan die einde van hierdie nuusbrief , om verwyder te word vanaf die poslys sal nie jou lidmaatskap by Bravoland beinvloed nie .
Uitgegee deur Die Bravolander vir die departement van Kommunikasie en Bemarking ; Republiek van Bravoland .
Besoek ons Tuisblad
by :  http://www.bravoland.co.za
Bravoland Weekblad
Kom gesels saam met ons op die forum by :  http://www.bravoland.co.za/forum

Ons is terug !!

Goeiedag Bravolanders ,
Ons ouer lede sal onthou dat ons gereeld in die verlede nuusbriewe uitgestuur het om julle as gebruikers op datum en in voeling te hou met wat in Bravoland gebeur . Ongelukkig weens tegniese redes moes ons dit stop . Die Volksraad van Bravoland het egter intussen werk gemaak daarvan om die probleem opgelos te kry en is ons in die proses om alle lede op die poslys te plaas . Indien u nie die nuusbrief in jou epos ontvang nie is dit moontlik dat u nog nie op die verspreidingslys geplaas is nie en vra ons by voorbaat om verskoning vir die ongerief . Die nuusbriewe sal aanlyn beskikbaar wees om te bespreek by :  http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5886.0.html
Kommentaar en voorstelle is welkom op die besprekingsdraad daarvoor .

Nuus in Bravoland

Julius Malema , leier van die ANC Jeugliga is gereeldelik in die nuus die afgelope twee weke . TLU SA se hofsaak teen hom vir haatspraak met sy uitsprake van "Shoot the boer , kill the farmer" het plaasgevind die afgelope week in Johannesburg . Ter ondersteuning ,  neem asb. deel aan TLU SA se meningsopname by www.tlu.co.za oor die uitwerking van Malema se liedjie m.d.o. op die komende hofsaak teen hom. Rol af op die tuisblad totdat jy dit kry en voltooi sommer aanlyn . Die publiek word gevra om dié vraelys voor 9 April 2011 te voltooi.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het ook aksie geneem :
Internasionale strafhof klagte teen regering en die ANC  (kliek op die blou om volle berig te lees)

Die Bravolander is terug
Die nuutste uitgawe van Die Bravolander het onlangs uitgekom en kan hier besigtig word :  http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5876.0.html

Winterprojek 2011

Raak betrokke by ons Winterprojek 2011

Sedert Bravoland se ontstaan was een van ons ideale en prioriteite om deurentyd Volkshulp projekte ten bate van blanke-armoede verligting aan te pak en deur te voer . Behalwe dat die forum geleentheid bied vir mense van ons aanlyngemeenskap om hul projekte bekend te stel , loots Bravoland as kuberstaat gewoonlik twee keer per jaar Volkshulp projekte ; hierdie jaar is geen uitsondering nie .

Weereens lê die winter voor ons deur , ons as Bravolanders wil graag hierdie jaar weer 'n helpende hand aanbied deur dit makliker te maak vir ons voksgenote wat in informele nedersettings bly . Met noue samewerking tussen die mense van die gemeenskap en organisasies wat hul beywer vir blanke armoedeverligting , hoop ons om die kommunikasiegaping te vul wat tans bestaan in die verband .

Almal se bydraes is welkom om dit te bespreek en te beplan .                                   
Kontak  scburger@bravoland.co.za  vir verdere navrae of besoek   "Winterprojek 2011"
.









Advertensies :
Om advertensies in die Bravolander te bespreek besoek : http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,1231.0.html

Advertensies wat in Die Bravolander verskyn sal op rotasiebasis in Bravoland Weekblad verskyn .



Copyright © 2011 Die Republiek van Bravoland, All rights reserved.
Deur lidmaatskap by Bravoland ontvang u die nuusbrief . Geniet dit . Stuur dit gerus vir u vriende of kenisse . Indien u nie meer op die poslys wil verskyn nie ; kliek op Unsubscribe aan die einde van die nuusbrief ; dit sal nie u lidmaatskap in Bravoland beinvloed nie .
Our mailing address is:
Die Republiek van Bravoland
Pretoria, Gauteng -

Add us to your address book


Email Marketing Powered by MailChimp


Thursday, April 7, 2011

Vry , vryer , VVK !

Vir die laaste 17 jaar staan die Boere-Afrikaner volk onder vreemde heerskappy. Die regering van die dag se beleidstukke, grondwet en optrede is deurspek met kommunistiese denke maar word onder die vaandel van demokrasie en menseregte as edel voorgehou. Dit terwyl menseregte geen noemenswaardige plek kry in die bedeling nie, tensy jy 'n krimineel is. Die aard van die demokratiese stelsel verskraal die moontlikheid van 'n verantwoordelike regering tot bykans nul en die gevolg van dit alles is dat grond, rykdom, menswaardigheid en lewens van blankes gestroop word en aan tans bevoordeeldes gegee word.

Wat is die oplossing? As daar geen opsie binne die partypolitieke bestel bestaan nie, moet ons daarbuite gaan soek. Dit is presies wat die VVK gedoen het. Volgens die riglyne deur die plaaslike- en internationale volkereg daargestel, fasiliteer die Volksraad Verkeising Kommissie 'n verkiesing waarin die volk vir hom leiers kan verkies tot 'n volksraad. Die volksraad sal dan met 'n mandaat selfbeskikking vir die volk eis.

Terwyl die besonderhede uiteraard nog nie ter sprake is nie, behoort die visie van die einddoel reeds in elke vryheidsgesinde Boere- Afrikaner se verbeelding te vergestalt. 'n Eie regeringstelsel, 'n eie Godsdiensbeleid, eie howe, eie hospitale waarvoor mens nie belasting, mediese fonds en dan die mediese kostes ook te betaal nie. Dienslewering deur volksgenote in jou eie taal. Paaie wat in stand gehou word sonder dat duisende ekstra tolle geëis word. Hierdie is enkele gedagtes van hierdie toekomsvisie.

Om hierdie doel te bereik moet soveel as moontlik volksgenote registreer by die VVK en stem vir die volksraad.

Op 9 April 2011 word verskeie registrasiepunte van vroegoggend af in Pretoria bedryf. Kyk uit vir die tente, volg die musiek of die reuk van worsrolletjies en registreer in die Ooste van Pretoria op die hoek van Lynnwood en Hans Strydom; of in die Weste by die park in Van der Hoff Weg; of in die Noorde by die Bosveld Deli op die hoek van De Wilt en R513; in Verwoerdburg op die hoek van Theuns van Niekerk en Escort straat in Wierdapark of in die Moot by Codonialaan net noord van Michael Brinkstraat.

Doen jou deel vir die vryheidseis van jou volk en registreer by die  VVK!


Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Monday, September 13, 2010

Projek 2010 nuusbrief

Geagte Volksgenote

Die nuutste nuusbrief van Projek 2010 is op ons webblad te sien by:

http://www.projek2010.co.za

(onder die opskrif: NSA-Volksmoord duur voort)

Besoek gerus die webblad vir die nuutste inligting en versprei die
boodskap aan volksgenote wat nie besef wat in die land aan die gang is
nie.

Soos altyd, is dit uiters onaangenaam om die boodskap aan u te stuur.
Dit is egter nodig dat die omvang en aard van hierdie gruweldade teen
ons volk eers, sover moontlik, algemene kennis word. Dit is my
oortuiging dat eers dan, aksies in die verband die nodige vrugte sal
afwerp.

Tot dan, blyk dit 'n hartseer feit te wees dat daar nie die nodige
steun vir Projek 2010 uit volksgeledere gekom het nie. Daar is
sekerlik 'n verskeidenheid redes hiervoor wat wissel van
onbetrokkenheid, oningeligtheid tot 'n gebrek aan besef hoe belangrik
dit is dat die projek suksesvol is.

Ek vra u daarom oudergewoonte om die boodskap/inligting te versprei.

'n Hartlike dank aan elkeen wat ons behulpsaam is in die verband.

Werner Smook
Projek 2010

Saturday, July 17, 2010

Die geskiedenis KAN homself herhaal…

Op 'n ysig koue wintersdag tydens die Tweede Wêreldoorlog kom ongeveer
sewentig duisend mense by die Vrouemonument in Bloemfontein byeen om
aan hulle leiers en die wêreld die boodskap te gee: "Ons is nie
tevrede om slawe van die Britse Ryk te wees en te bly nie: ons eis ons
gesteelde republiek op."

Sewentig jaar later wil die nageslag van daardie mense weer die koue
winterweer van die jaar 2010 trotseer om op dieselfde plek daardie
geleentheid te herdenk. Maar die terrein van die Vrouemonument,
volksbesit, word hulle geweier…

Watter groter bewys is daar dat ons volk, die Boere- of Afrikanervolk,
in knegskap leef, as hy nie mag byeenkom by sy monument, waar sy
volkshelde pres. MT Steyn, generaal Christiaan de Wet, Vader Kestell
en Emily Hobhouse begrawe lê nie? De Wet was nie net bereid om die
wapen teen die buitelandse Britse onderdrukker op te neem vir sy
vryheid nie, maar hy was ook bereid om die wapen op te neem teen sy
eie mense wat in die pad van vryheid gestaan het, soos Louis Botha en
Jan Smuts tydens die Rebellie. Maar ons mag nie by sy graf dit herdenk
waarvoor hy en sy nageslag gestry het nie…?

Tog gaan hierdie gebeurtenis sewentig jaar gelede, toe ons voorgeslag
hulle republikeinse eis sigbaar gaan stel het, nie onvergete verby
nie. Gelukkig ly die Paardekraal Monument Komitee nie aan die moderne
siekte van politieke korrektheid en nasiebou nie, en het wél hulle
terrein beskikbaar gestel om die geleentheid te herdenk, en dit vind
more, 17 Julie plaas.

Weer eens gaan duisende volksgenote opruk, hierdie keer na
Paardekraal, enersyds om die stryd van hulle voorgeslag te herdenk,
maar andersyds om daardie onvoltooide stryd voort te sit, en om die
basis te lê sodat die volgende geslagte daarop kan voortbou, soos ons
vandag kan voortbou op die fondamente wat ons voorgeslag gelê het.

Toe die volk in 1940 hulle eis om 'n republiek gaan stel het, was die
Tweede Wêreldoorlog aan die gang. Daar was tog 'n hoop dat die Britse
Ryk se mag gebreek sou kon word, sodat die Boerevolk weer vry kon
word. Die geskiedenis het egter 'n wyer draai geloop. Dit was eers agt
jaar later dat 'n politieke keerpunt gekom het toe die Nasionale Party
die regerende party geword het. Maar uiteindelik was dit eers een en
twintig jaar later dat die land 'n republiek geword het. Baie mense
wat in 1940 by die Vrouemonument was, het dit nie eens meer beleef
nie, maar hulle teenwoordigheid het die geesdrif, besieling en gesig
op 'n uiteindelik vrye republiek help posvat, sodat opvolgers dit wel
kon verwesenlik.

Daardie republiek se karakter is uiteindelik vernietig met die gebeure
van 1994, en die Boerevolk word tans weer onderdruk, nie direk meer
deur Brittanje soos dit was in 1940 nie, maar deur Afrikane wat dit
doen in dieselfde taal as die verdrukkers van 1940.

Die republikeinse vryheidsvlam brand steeds in ons volk. En more gaan
daardie vlammetjie by Paardekraal heel moontlik weer van 'n vlammetjie
na 'n fakkel groei. Mog dit egter bestem wees dat dit na 'n veldbrand
van republikeinse volksvryheid kan groei, wat ons volk se geesdrif
weer laat opvlam soos dit was in 1940, en dat ons weer by ons eie vrye
republiek kan uitkom.

More gaan daar waarskynlik weer geskiedenis gemaak word, net soos die
sewentigduisend mense in 1940 onbewustelik geskiedenis gemaak het, en
waarskynlik daarmee die verloop van die toekomstige geskiedenis in 'n
rigting gestuur het. Daarom is dit nodig dat die volk more in
maksimale getalle na Paardekraal opruk, ongeag hoe warm of hoe koud
die weer is, om weer geskiedenis te maak, en hopelik die verloop van
die geskiedenis in die toekoms in die regte koers te druk.

Die geskiedenis kan homself herhaal more. Dit sal nie vryheid oormôre
beteken nie, maar kan inderdaad 'n verskil in die toekoms maak. Maar
ook hier geld die bekende woorde van President Brand: "Alles sal
regkom… as elkeen sy plig doen…" Elkeen se eerste plig is om more op
Paardekraal die stryd van ons voorouers te herdenk, en dit ons s'n te
maak vir die toekoms.

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=5414.new;topicseen#new

Monday, June 21, 2010

Byeenkoms 17 Julie 2010: Paardekraalmonument

Geagte Volksgenoot en vriend en Afrikanerfront lid,

Hiermee wil ek u herinner aan die bogenoemde geleentheid wat plaasvind
op die 17de Julie te Paardekraal monument.

Oorspronklik sou die fees by Paardekraal sowel as by die Vrouemonument
in Bloemfontein plaasvind. Ongelukkig het die bestuur van die Vroue
monument nie hulle weg oopgesien om ons te akkommodeer op hierdie
datum nie.

Daar is nog so paar kleinigheidjies wat aan geskaaf moet word voor die
finale program amptelik aangekondig sal word.

In aanloop tot die fees gaan die Paardekraal Verkenners die agbare
J.G. Strijdom weer inlyf as die Eerste minister van die republiek van
Suid-Afrika. Dit sal om 20:00 plaasvind op Donderdag die 15de Julie
2010n by die standbeeld van J.G. Strydom oorkant die monument.
Op Vrydag die 16de Julie 2010 om 19:00 sal daar 'n Cantus aangebied
word op die Paardekraal terrein. Dit sal sorg vir groot pret, soos die
Cantus gewoonlik is.

Die program vir Saterdag 17 Julie skop eers om 12:00 af. Die manne en
dames wat van vêr af kom, kan dus betyds hiervoor opdaag.
Die dag begin met 'n vlag optog waarna 'n vlag voorstelling gedoen sal
word om ons mense weer te herinner aan die vele volks vlae wat n rol
in ons geskiedenis gespeel het.
Hierna vind die opening plaas, gevolg deur twee bekwame sprekers: Mnr.
Andries Breytenbach (Voorsitter van die Afrikanerfront) en Prokureur
Paul Kruger van die Volksraadsverkiesing kommissie.
Daarna sal ons op eg Boere tradisie vermaak word met Volkspele.

Daar is ook deurlopend kos stalletjies wat beman word deur die kerke
wat geaffilieer is by die Paardekraal fees kommissie.
Daar sal ook 'n skyfskiet, bok drol spoeg en vele ander stalletjies
wees wat sal sorg vir vermaak.
Die boekwurms kan uitsien na egte volkseie boeke.

Radio Pretoria gaan ook die dag saam met ons deurbring.

Ek wil 'n beroep op alle Afrikanerfront organisasies doen om hierdie
inligting onder al julle lede te versprei. Alle Afrikanerfront
organisasies kan 'n gratis inligtings stalletjie beman op hierdie dag.
Indien daar volkseie produkte verkoop wil word, kan u my ook kontak om
te hoor wat die koste, indien enige, daaraan verbonde sal wees. Daar
is sovêr slegs 'n handjie vol organisasies wat wel aangedui het dat
hulle hiervan gebruik sal maak. Dit is die ideale geleentheid om jou
organisasie te bemark onder volkseie mense.

Daar kan ook gebruik gemaak word van die kamp terrein op die
Paardekraal perseel vir die wat van vêr af kom, of wat nie op en af
wil ry nie. Die wat net wil saam kuier is ook meer as welkom. Die
terrein is omhein met 'n elektriese heining, dus is veiligheid nie 'n
probleem nie. Daar is ook warm water in die ablusie blokke beskikbaar
vir die wat nie kans sien vir 'n koue stort nie.

Kom geniet hierdie naweek saam met ons.

Vir enige navrae kan Alwyn de Klerk gekontak word op 082 940 8825 of
by alwyn@fenco.co.za.


http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5414.0.html

Saturday, May 8, 2010

Hemelvaartdag

Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika steun die oproep van die
Oranje Sake Instituut en die Oranje Sakekamer van Pretoria op
volksgenote om Hemelvaartdag, die 13de Mei 2010 in dankbaarheid
teenoor die Almagtige Vader deur te bring. Ook word die beroep op
volksgenote met besighede om hierdie dag hule besighede te sluit en
volksgenote wat werknemers is, om verlof te neem gesteun. Die
Verkenners Beweging van Suid-Afrika doen 'n beroep op alle
lidorganisasies van die Afrikanerfront en Afrikaanse kerke, om hierdie
oproep te steun en ook hulle lede aan te moedig om hierdie dag te
eerbiedig.


Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging van Suid-Afrika

Wednesday, April 28, 2010

Voortrekkermonument verklaarde instelling ?

28 April 2010


Die Voortrekkermonument is tans besig met wat hulle beskryf as 'n
omvattende oudit. Een van die aspekte, is 'n emmosionele oudit wat met
behulp van 'n vraelys gedoen word wat genoem word 'n quo vadis
vraelys.

Op die webwerf van die Voortrekkermonument is die vraelys beskikbaar
en daar is ook op hierdie webwerf 'n verduideliking van die doel van
hierdie vraelys. In die agtergrondinligting word verduidelik en ek
haal aan: "Gegewe die finansiële omstandighede moet daar onder andere
bepaal word wat die wenslikheid al dan nie daarvan is om hierdie
instellings as nasionaal verklaarde instellings te laat registreer."

Ter verduideliking van wat 'n verklaarde instelling is, word die
volgende aangebied: In die eenvoudigste moontlike terme is 'n
verklaarde kulturele instelling (hierna net na verwys as "verklaarde
instelling"), 'n instansie wat aan die staat behoort. Dit word 100%
deur die staat befonds en hoewel ander fondsinsamelings-projekte gehou
kan word, word die totale begroting besonder streng beheer en is die
'Public Finances Management Act - (PFMA)" 100% van toepassing. Met die
ander funksies van so 'n instelling word nie ingemeng nie, maar
aspekte soos swart ekonomiese bemagtiging ("BEE"), voorsieningsbestuur
("supply chain management"), aankope is 100% van toepassing.

Vir menigte volksgenote is dit totaal onaanvaarbaar dat daar enigsins
gedink kan word om die Voortrekkermonument in 'n verklaarde instelling
te verander, veral omdat die bestuur deeglik bewus is van die gevolge
van so skuif. Gevolglik het talle besorgde volksgenote ander
volksgenote aangemoedig om die vraelys in te vul. ds. Coen Janse van
Rensburg van Natal het ook die APK lidmate versoek om hierdie vraelys
in te vul en het die volgende motivering daarvoor gegee: "Ek sluit
hierby in 'n vraelys wat gaan bepaal wat met die Voortrekkermonument
in Pretoria gaan gebeur. Die betrokkenes tans by die monument wil dit
aan 'n swart bemagtigings organisasie "verkoop". Die volgende een is
glo Bloedrivier."

Hierdie boodskap is ook op die voorblad van die APK se webwerf geplaas.

Let asb dat die woord "verkoop" in aanhalingstekens is. Enige iemand
met 'n basiese begrip van skryf en leestekens, sal weet wat bedoel
word wanneer 'n woord in aanhalingstekens geskryf word, binne die sin
wat ds. Coen dit geskryf het. Enige iemand behalwe Gert Opperman.....

My e-pos is vandag bevuil met 'n e-pos wat oorspronklik van Gert
Opperman afgekom het waarin hy nie net in die karakter van ds. Coen
klim nie, maar waar hy ook ds. Coen as leuenaar verklaar.

Sy e-pos lui as volg na hy die boodskap op die APK webwerf aangehaal het:

"As dit bloot was dat ds van Rensburg van die AP Kerk Newcastle nie
ingelig was nie, kon 'n mens dalk nog probeer het om hom sy onkunde te
vergewe. Hy, as predikant, behoort egter te weet dat baie mense hom
as geloofwaardig sal beskou en sal glo dat sy uitsprake sekerlik
vooraf bevestig is en die toets van waarheid en billikheid behoort te
kan deurstaan. Dieselfde geld natuurlik vir u tuisblad as amptelike
mondstuk van die AP Kerk. Helaas!

Graag word bevestig dat die bewering oor die voorneme om die monument
"aan 'n swart bemagtigingsorganisasie te verkoop", 'n volslae leuen
is, asook die suggestie dat Bloedrivier volgende sou wees. 'n Mens kan
nie anders as om ds van Rensburg se eerlikheid, objektiwiteit en
kwaadgesinde klimaatskepping ernstig te bevraagteken nie. As dit is
hoe hy navorsing doen en "feite" voor verkondiging daarvan bevestig,
sal ek persoonlik dit moeilik vind om ooit ernstig te luister na enige
boodskap wat hy uit die Bybel verkondig, maar gelukkig is ek nie 'n
lid van sy gemeente nie.

Graag word drie afskrifte van sake wat onlangs wyd in die media
gerapporteer is, vir u insae hierby aangeheg. Dit word vertrou dat u
dieselfde prominensie daaraan sal gee op u tuisblad as wat u aan ds
van Rensburg se onwaarhede en onwaardighede gegee het. As minimum
behoort u onverwyld die feite reg te stel en om verskoning te vra, in
belang van u eie beeld en geloofweardigheid as die AP Kerk se
Direkteur van Kerkadministrasie.

Die uwe

Gert Opperman"


Na aanleiding van Gert Opperman se onvermoeë om te lees en te verstaan
wat op die webwerf van die Voortrekkermonument geskryf staan en ook
weens sy onvermoeë om te verstaan wat beteken 'n woord wat in
aanhaalingstekens geskryf staan, sal die Verkenners Beweging van
Suid-Afrika die CVO skool in Pretoria versoek en betaal sodat Gert
Opperman 'n paar Afrikaanse lesse saam met die graad 3 klas kan
bywoon. Dit is immers belangrik dat 'n man wat die posisie van hoof
uitvoerende beampte beklee by die Voortrekkermonument, nie homself en
by implikasie die Voortrekkermonument, belaglik maak, bloot omdat hy
nie basiese leesvaardighede het nie. Ons hoop en vertrou dat Gert
Opperman na hy hierdie vaardighede aangeleer het, sal verstaan wat
geskryf staan op die Voortrekkermonument se webwerf en ook verstaan
wat ds. Coen geskryf het. Verder dring ons daarop aan dat Gert
Opperman die eerbare ding sal doen en ds. Coen verskoning vra vir die
kwaadwillige ongegronde beledigings.

Die uwe,

Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging van Suid-Afrika

Ns. Ek hoop nie hier is te veel groot woorde in hierdie skrywe nie en
dat Gert Opperman die inhoud hiervan sal verstaan. Dit het my opgeval
dat Mnr. Opperman "VTM" skryf wanneer hy na die Voortrekkermonument
verwys, ek neem aan "Voortrekkermonument" is een van daardie groot
woorde waarmee hy sukkel .

Thursday, March 25, 2010

VVK Registrasiedag

Registrasie-dag op Kleinfontein


Datum: 26 Maart 2010
Tyd: 15:00 - 21:00
Plek: Uit-en-Tuissentrum, Kleinfontein

Vanaf 17:00 kan aandetes by die geleentheid gekoop word.
Kerrie en rys teen R15,
vetkoek en maelvleis teen R12,
worsbroodjies teen R12
Koeldrank teen R8 en
heerlike poeding teen R5.
Gratis Koffie en tee!

'n Jong belowende kunstenaressie sal met haar sang ons aand kom kort maak.
Kinders kan baljaar op die springkasteel terwyl Pappas en Mammas
rondstaan en kuier.
Ouer mense sal 'n sitplekkie hê in die groot markiestent.

Ons het 'n rekening by KSKK ge-open: VVK-registrasies. Alle donasies
wat mense aan die VVK wil maak, sal deur die bankbestuurder oorgeplaas
word na VVK se bankrekening. Al die inkomste van die aand gaan ook na
die VVK se fondse. Ons borge het dit vir ons moontlik gemaak dat ons
bykans al die kostes kon dek.
Ons dank aan HVO wat baie ruim bygedra het,
asook Paradisum vir sy mooi bydrae.
Verder ons dank aan GHA, KSK Coetser Drukkers, Louisa Beyers
(kunstenaar), en vele meer!

Bankbesonderhede:
ABSA Bank (tjekrekening)
Kleinfontein SKK
Rek. nr 4060092627
Takkode: 632005
Verw. 126G


Navrae: Jan Beyers 082 443 0205
Namens Registrasie-beamptes
Kleinfontein