Enige volk het die plig en verantwoordelikheid om die gebeure wat hom raak op skrif te stel en vir die nageslag te bewaar. Indien daardie gebeurtenisse 'n belangrike invloed op 'n volk se lewe en voortbestaan het, maak dit die plig nog soveel meer belangrik.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Tweede Engelse Oorlog) het daar ongeveer 27 000 vrouens, kinders en bejaardes in Britse Konsentrasiekampe gesterf, waarvan die grootste gedeelte kinders was. Dit is een van die grootste oorlogsmisdade in die moderne tyd. Die meeste van die name van die slagoffers is aangeteken en vorm deel van die Boere-, Afrikanervolk se geheue, ook vir die toekomstige geslagte. As dit nie so was nie sou die volk aan geheueverlies gely het oor hierdie groot saak en sou die vergryper daarmee weggekom het.
Sedert 1994 se ANC-oorname is daar volgens berekenings reeds meer as 20 000 van ons volk deur volksvreemdes vermoor ten aanskoue van die regime. Weens verskillende redes, waarvan sommige nie te onskuldig is nie, kan hierdie inligting nie verkry word nie. As daar dus nie 'n doelbewuste poging aangewend word om die inligting te verkry, te verifieer en aan te teken nie, sal die tragedie nooit behoorlik aan die lig kom nie. Dit sal beteken dat ons volk aan geheue verlies ly en dat toekomstige geslagte nie daarvan bewus sal wees nie.
Ons het ook in Suid-Afrika ondervind hoedat ware feite dikwels ontken word en deur die leuen dan te herhaal word die waarheid versmoor. Indien die name en ander inligting van die slagoffers verkry en bewaar word is dit nie so maklik om die waarheid te onderdruk nie.
Daarom is daar besluit om 'n projek te loots om hierdie inligting in te samel en te verifieer. As projek bestuurders is die Verkenners Beweging van Suid-Afrika aangestel. Die projek word amptelik geloots op die 10de Oktober 2009 en daar word beplan om die inligting op datum ingesamel en geverifieer te kry teen 10/10/2010
Fondse om die projek suksesvol deur te voer is oor die afgelope twee jaar byeengebring deur dit rand vir rand onder volksgenote in te samel. Dit is elke volksgenoot se dure plig om aan die projek, bekend as PROJEK-2010, deel te neem en die inligting met spesiale moeite te verkry op welke wyse ookal en aan die projekspan deur te stuur. Inligting kan gestuur word per faks (086 210 6920) of e-pos (inligting@projek2010.co.za) in 'n spesiale maatvorm wat verkrygbaar is van die webwerf www.projek2010.co.za of per faks deur te skakel na 084 271 4777. Inligting kan ook direk op die webwerf ingevul word en sal deur die bestuurspan geverifieer word, alvorens dit bekend gemaak word.
Inspirasie vir die week
Die nagedagtenis van dié wat reg doen , leef voort ; die naam van dié wat verkeerd doen word gou vergeet . Die mens met verstand aanvaar bevele . Wie aanhou onsin praat , kom tot 'n val . Wie opreg leef , leef sonder vrees ; wie krom paaie loop word uitgevind . Wie sy oë sluit vir die waarheid veroorsaak smart ; en wie aanhou onsin praat , kom self tot 'n val . Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk ; agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld . Haat verwek twis ; liefde bedek alles wat aanstoot gee . Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het ; slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie . Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie ; as 'n dwaas sy mond oopmaak , is sy ondergang naby . Die rykdom is die ryke se veilige vesting ; die armoede is die arme se ondergang . Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd ; die gedagtes van die goddelose is min werd .
Spreuke 10 : 7 - 15 , 20
Opkomende gebeure
.
Bravoland SA Topsites
HVO - Huis Van Oranje
Huis van Oranje
Beherend BPK en
Filiale
U eenstop finansiële dienstemaatskappy wat 'n verskeidenheid dienste aanbied nml :
* Boedelbeplanning en lewensversekering
* Begrafnisdekking
* Korttermynversekering
* Beleggings in eiendom- en konstruksie sindikering
* Eiendomwaardasies
* Eiendomsbemarking
* Afslaersdienste
* Huislenings en konsolidasie van skuld
* Verhuringsadministrasie
In alle gevalle beskik ons oor die nodige registrasie en kundigheid, en dit stel ons in staat om 'n vinnige en professionele diens te lewer.
Die Huis van Oranje bestaan alreeds sedert 1995 as 'n finansiële instelling. Deurdat ons 'n firma is wat nog groot erns met die Afrikaner en ons Afrikaans-sprekende volk in ons land, streef ons daarna om net die beste diens vir ons mense te lewer.
Kontak ons :
Tel : 0860 104 297
Faks : 0866 831 425
Epos : inligting@hvo.co.za
Adres : Jamesrylaan 194
Silverton
0127
Geagte Vriende,
• Word nou deel van Oranjekas deur aandele op te neem en so u lidmaatskap te bevestig. Minimum aandele wat bekom kan word is 5 @ R100 elk. Skakel gerus Oranjekas vir meer inligting.
• Oranjekas poog om ‘n volkseie instelling te word deur te registreer as ‘n Koöperatiewe Bank. Wys u ondersteuning vir die Volksekonomie deur aandele op te neem!
• Hoe meer mense direk by Oranjekas spaar en belê, hoe vinniger kan Oranjekas u al die dienste bied wat enige kommersiële bank u kan bied.
• Spesiale tariewe kan beding word deur Volkseie organisasies wat rekeninge wil oopmaak.
• Help ons bou aan ‘n toekoms vir die Afrikaner deur ‘n Volkseie ekonomie te vestig!
Vir meer inligting en kontak besonderhede, besoek gerus:
Verkenners 21
-
Op 9 Oktober 2010 het die Verkenners Beweging van Suid-Afrika hulle 21ste
verjaarsdag gevier. Hierdie vieringe het saam met die tradisionele Paul
Kruge...
Boeretrots Tuindienste
-
*BOERETROTS TUINDIENSTE*
Geagte vriende, Hiermee die bekendstelling van 'n tuindiens uit die Volk en
vir die Volk.
Vanaf Februarie 2011 gaan Boeretrots Tu...
-
*Gert Opperman se wanvoorstelling van die waarheid.*
Na aanleiding van die berig in Beeld op 19 Nov 2009: “*16 Desember: ‘Geen
ontwrigting geduld’*”, rig...
Vergewe en vergeet -- Totius
-
*Dat gij niet vergeet de dingen die uwe ogen gezien hebben* (Deuteronium
4:9)
Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne ...
Bravoland Media is an initiative of "Die Bravolander", the official newspaper of "Bravoland Raadsaal".
It is created to cater for english speaking people who can't understand Afrikaans.
Bringing you news and information concerning South-African people.
No comments:
Post a Comment