Monday, June 21, 2010

Byeenkoms 17 Julie 2010: Paardekraalmonument

Geagte Volksgenoot en vriend en Afrikanerfront lid,

Hiermee wil ek u herinner aan die bogenoemde geleentheid wat plaasvind
op die 17de Julie te Paardekraal monument.

Oorspronklik sou die fees by Paardekraal sowel as by die Vrouemonument
in Bloemfontein plaasvind. Ongelukkig het die bestuur van die Vroue
monument nie hulle weg oopgesien om ons te akkommodeer op hierdie
datum nie.

Daar is nog so paar kleinigheidjies wat aan geskaaf moet word voor die
finale program amptelik aangekondig sal word.

In aanloop tot die fees gaan die Paardekraal Verkenners die agbare
J.G. Strijdom weer inlyf as die Eerste minister van die republiek van
Suid-Afrika. Dit sal om 20:00 plaasvind op Donderdag die 15de Julie
2010n by die standbeeld van J.G. Strydom oorkant die monument.
Op Vrydag die 16de Julie 2010 om 19:00 sal daar 'n Cantus aangebied
word op die Paardekraal terrein. Dit sal sorg vir groot pret, soos die
Cantus gewoonlik is.

Die program vir Saterdag 17 Julie skop eers om 12:00 af. Die manne en
dames wat van vêr af kom, kan dus betyds hiervoor opdaag.
Die dag begin met 'n vlag optog waarna 'n vlag voorstelling gedoen sal
word om ons mense weer te herinner aan die vele volks vlae wat n rol
in ons geskiedenis gespeel het.
Hierna vind die opening plaas, gevolg deur twee bekwame sprekers: Mnr.
Andries Breytenbach (Voorsitter van die Afrikanerfront) en Prokureur
Paul Kruger van die Volksraadsverkiesing kommissie.
Daarna sal ons op eg Boere tradisie vermaak word met Volkspele.

Daar is ook deurlopend kos stalletjies wat beman word deur die kerke
wat geaffilieer is by die Paardekraal fees kommissie.
Daar sal ook 'n skyfskiet, bok drol spoeg en vele ander stalletjies
wees wat sal sorg vir vermaak.
Die boekwurms kan uitsien na egte volkseie boeke.

Radio Pretoria gaan ook die dag saam met ons deurbring.

Ek wil 'n beroep op alle Afrikanerfront organisasies doen om hierdie
inligting onder al julle lede te versprei. Alle Afrikanerfront
organisasies kan 'n gratis inligtings stalletjie beman op hierdie dag.
Indien daar volkseie produkte verkoop wil word, kan u my ook kontak om
te hoor wat die koste, indien enige, daaraan verbonde sal wees. Daar
is sovêr slegs 'n handjie vol organisasies wat wel aangedui het dat
hulle hiervan gebruik sal maak. Dit is die ideale geleentheid om jou
organisasie te bemark onder volkseie mense.

Daar kan ook gebruik gemaak word van die kamp terrein op die
Paardekraal perseel vir die wat van vêr af kom, of wat nie op en af
wil ry nie. Die wat net wil saam kuier is ook meer as welkom. Die
terrein is omhein met 'n elektriese heining, dus is veiligheid nie 'n
probleem nie. Daar is ook warm water in die ablusie blokke beskikbaar
vir die wat nie kans sien vir 'n koue stort nie.

Kom geniet hierdie naweek saam met ons.

Vir enige navrae kan Alwyn de Klerk gekontak word op 082 940 8825 of
by alwyn@fenco.co.za.


http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5414.0.html

No comments: