Sunday, August 10, 2008

Bravolandnuusbrief 2






 

 

Bravonuusbrief 2 

 

8 Augustus 2008

 

 

1. Bravoland besoek Radio Pretoria

2. Drempel

3. Bloeddiens vir Afrikaners

4. Boskroniek

5. Adverteer u onderneming op Bravoland

6. AFRIKAANS: Die taal met 'n verjaarsdag

 

 

 

 RADIO PRETORIA

 

Bravoland is genooi om as gaste in Sakkie v/d Merwe se program besoek af te lê by Radio Pretoria. Dit was vir Ben Geldenhuys en  Jan Beyers 'n groot voorreg om Bravoland amptelik op ons volk se enigste Radiostasie te teenwoordig.

 

Lees verder...

 

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3663.0

 DREMPEL

 

Om in te teken op Drempel, kontak hulle gerus by drempel@telkomsa.net

 

 

 Vir meer inligting gaan na:

 

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3621.0


 

 

BLOEDDIENS VIR AFRIKANERS

 

Geagte Afrikaner-volksgenoot,

Duisende Afrikaners skenk nie meer bloed nie, want hulle weet nie wie voordeel trek wanneer bloed aan pasiënte gegee word nie. Dus is daar 'n reuse-bloedtekort in Suid-Afrika en ons eie mense ly daaronder.

Bravoland beoog met hierdie bloeddiens om 'n databasis saam te stel van mense wat bereid sal wees om bloed te skenk wanneer 'n volksgenoot in u omgewing met dieselfde bloedgroep as u, bloed benodig.


Daarom wil ons 'n lys saamstel van mense wat bereid is om te skenk, in watter area hulle woon, en watter bloedgroep hulle het. Selfs al weet u nie in watter bloedgroep u is nie, kan u steeds u naam op die lys sit.

Kontakbesonderhede is noodsaaklik sodat ons u so gou moontlik kan kontak indien iemand in nood is. Persoonlike besonderhede sal nie aan 'n derde party bekend gemaak word nie en indien u u naam op die lys plaas, sal dit aan niemand anders as die administreerders van die databasis sigbaar wees nie.

 

So verseker ons veilige bloed vir ons eie mense. Baie van ons kan dalk nie 'n finansiële bydrae maak tot ons volk se welstand nie, maar dit keer ons nie om mekaar die grootste geskenk moontlik te gee nie – die lewe.

By voorbaat baie dankie vir u bereidwilligheid.

Vriendelike groete,
Die Bravoland-span

 


 

BOSKRONIEK

 

Radio Pretoria het die wonderlike voorreg geniet om 'n jare lange vriend van die Radio te ontvang in die Magmed-gebou. Die ontvangs van die welbekende dr. Cas Bakkes het nie net plaasgevind uit blote toevalligheid nie.

Dr. Cas Bakkes se nuwe boek Boskroniek is nie net 'n meesterstuk nie, dit is ook feite-gelaai oor gebeure tydens die Bos-oorlog in die tydperk April tot Junie 1977.

Dr. Cas is bekend vir sy deeglikheid in rekordhouding – sy persoonlike dagboek spreek daarvan. Elke insident en gebeurlikheid is noukeurig daarin opgeteken, wat van Boskroniek 'n baie besonderse werk maak.

Die boek is beskikbaar by Radio Pretoria se Woord en Klank-winkel teen R230-00 plus posgeld en sluit BTW in. Die leser word in sowat 300 bladsye meegevoer oor gebeure wat nog nooit voorheen te boek gestel is nie. Foto's en kaarte van die besondere slagvelde is ingesluit by die deeglike beskrywings van die gebeure, wat die leser 'n duidelike beeld bied van hoe alles gebeur het.

Dié werk kan met groot vrymoedigheid aanbeveel word.

 

 

Uittreksel uit Boskroniek

 

Verliese te velde is onvermydelik en dit was vanselfsprekend dat die ouers van die dienspligtiges wie se name die verliese gevul het, sou vra: Waarom is dit net die jonges, op die vooraand van die lewe, wat die hoogste tol betaal? Waar is die ouer manne – die middeljarige offisiere wat die oorlog dryf – die manne verantwoordelik vir die operasionele beplanning en die organisering van die troepe? Sit hulle in veilige agtergebiede in hoofkwartiere ver verwyder van die fronte en slagvelde waarop manne van 20 jaar en jonger die spit afbyt en die bloedprys betaal? 'n Volksmag bestaan immers uit die ganse sprektrum van die fisiek geskiktes tussen 17 en 55 wat 'n wapen kan hanteer.

 

Om hierdie kritiek te beantwoord is diensdoenende offisiere in die Staande Mag, Burgermag en Kommando's gevra om hulle aan te meld en as manskappe operasioneel op die grens soos jong dienspligtiges vir sowat twee maande op 'n keer te gaan aanmeld. Ten minste drie sulke kompanies bestaande uit offisiere wat hulle range neergelê het, is te velde. In hierdie werk vertel 'n 51-jarige kommandant, wat gaan diens doen het as 'n masjiengeweerskutter, sy verhaal.

 

 

 

 

ADVERTEER U ONDERNEMING OP BRAVOLAND 

 

Tydens 'n onlangse onderhoud op Radio Pretoria het Bravoland beloof dat volksgenote wat 'n onderneming bedryf wat van volkseie-arbeid gebruik maak, hulle ondernemings gratis kan adverteer op Bravoland.

 

Vir meer inligting, volg die skakel: http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3673.0

 

 

 

AFRIKAANS: DIE TAAL MET 'N VERJAARSDAG

 

Van al die erkende tale wêreldwyd, tel Afrikaans sekerlik onder die mees unieke. Dit is, indien nie die jongste nie, dan sekerlik een van die jongste amptelike tale op aarde. Dit is ook na my wete die enigste taal wat daarop aanspraak kan maak dat hy oor 'n verjaarsdag beskik. Op Saterdag 14 Augustus 1875 het agt manne  in die huis van Gideon Malherbe in Pastorielaan in die Paarl byeen gekom en die Genootskap van Regte Afrikaners gestig. Hierdie datum word geag die begin van die formalisering van Afrikaans te wees.  Die geboortedag van 'n nuwe taal!   ­ --  JOHAN WILLEMSE

 

Lees meer by:

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3701.msg47662;topicseen#new

 


                                                     http://www.bravoland.co.za/forum/index.php


Indien u nie die nuusbrief wil ontvang nie - stuur asseblief 'n e-pos aan die volgende adres: staatshoof@bravoland.co.za 


 



No comments: