Wednesday, December 31, 2008

Uit die kantoor van die Staatshoof , Bravoland : 2008 , 'n Kritiese beskouing

2008 kan beskou word as die waterskeidingsjaar vir die reënboog
Suid-Afrika. Ekonomiese verval, misdaad, korrupsie en die ANC wat
homself van binne vernietig, het die begin van die einde aangekondig
van die reënboog droom. 'n Droom waaruit menigte liberaliste wreed
wakker geskud is in 2008, net om tot die besef te kom, dit is eintlik
'n nagmerrie.

Hierdie nagmerrie het al talle van ons volksgenote afgegooi. Vermoor,
beroof, verarm en verslane swoeg hulle doelloos voort. In hulle
duisende sit hulle in plakkerkampe terwyl nog meer uit nood gebore
hulle geliefde Vaderland verlaat om in die vreemde 'n ander veilige
heenkome te gaan soek.

Maar dit is nie die hele storie van 2008 nie. Ten midde van al hierdie
dinge kan ook die herontwaking van die volk bespeur word. Dit verbaas
ook nie, want hierdie volk, is op sy beste wanneer dit die slegste
gaan.

In 2008 sien ons 'n Majubafees met ongekende besoekers getalle. En
daar was net een Majuba in 2008, nie twee nie. Verskeie ander feeste
is ook gehou, wat bewys dat die volk nooit sal skaam wees vir sy
erfenis nie. Al probeer die regering se propaganda masjien ook hoe
hard om ons skaam te maak vir dit wat ons is.

Ekonomies is daar reuse fondasies gelê. 'n Eie bank en eie sakekamers
het die lig gesien wat hierdie volk in die toekoms tot groot diens sal
wees.

Die jeug het ook ontwaak in 2008. Daar is 'n jeug Verkennerspos gestig
in Pretoria en nog een in Engeland. As ons aanvaar en glo dat die jeug
die toekoms is, is die gebeure 'n helder lig in die duistere toekoms.
Die jeug het ook nie op hulle laat wag nie. Verskeie aksies is
uitgevoer en die vyande van die volk het kennis geneem. Sidderend het
hulle die dreuning gehoor. Die magtige dreuning van 'n volk wat
ontwaak. Van 'n trotse volk wat nie sal doodgaan nie. Nie langer op
getrap sal word nie. Nie langer verneder sal word nie.'n Gelowige
volk, wat die knie slegs buig, voor die Beskikker van die lotgevalle
van volke.

In 2008 het die staatmaker strukture in ons volk ook van krag tot krag
gegroei. Radio Pretoria het 15 jaar van diens aan die volk gedenk. 'n
Dankbare volk het in hulle duisende hierdie dag meegemaak en in die oe
van 'n ieder en elk van die feesgangers kon mens die vlam van hoop vir
die toekoms sien. 'n Vasberade vlam, wat niemand sal kan blus nie.

Die nodigheid van die CVO bestel het ook baie duidelik geword in 2008.
Met nie net swaard swaaiende sataniste wat in staatskole mense aanval
nie, maar ook die mislukte UGO wat talle kenners nou as 'n fout
bestempel. Ons kan maar net dankbaar wees vir die visie van die
pioniers wat die stelsel begin het. Die produk van die CVO skole brand
soos 'n helder baken, met talle van die jeug Verkenners wat uit die
stelsel kom en so ook die dryfkrag van die volksbank - Jan Beyers.

Die CVO skole en Radio Pretoria is 'n bewys dat ons volk ten midde van
'n vyandige wêreld, steeds suksesvolle strukture kan oprig en
onderhou. Laat ons dan in 2009 op die fondamente wat in 2008 gelê is
voortbou. Laat ons die vlam van volksnasionalisme helder laat brand,
sodat ons soekende volksgenote uit die duisternis van die wêreld,
terug kan keer na veiligheid, voorspoed en vryheid, wat slegs gevind
kan word binne volksverband.

Dit sal ons egter slegs kan doen met geloof. In geloof, ons vryheid!

Thursday, December 11, 2008

Links en/of Slinks?

*Die slinkse linkse media en hul wanpropaganda produksie*

Die afgelope tyd het dit in die media gegons oor die kastige opleiding van
Regse 'kindersoldate'. Let op "Regse".

Beeld berig

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2439246,00.html

News 24 berig

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2439667,00.html

Sowetan maak Afrika pap lekker dik aan

http://www.sowetan.co.za/News/Article.aspx?id=901225

Erika Gibson van Beeld het darm ietwat meer lig op Virginia Keppler se snert
berig gewerp

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2439821,00.html

Luister gerus ook na die onderhoud met kommandant Franz Jooste wat op Radio
Pretoria uitgesaai is.

http://www.4shared.com/dir/10728308/e2306d53/Gesprekke.html

Klankbaan se naam is: Opleidingskampe - Franz Jooste

Dit moet sekerlik tragies wees om so min propaganda teen jou vyand te kry
dat jy dit moet skep deur blatante leuens soos in hierdie koerantberigte. Ons
kan sien dat die doel hiervan is om negatiewe konnotasies aan sekere woorde
en gevolglik groeperings te heg. Die ou woordjie "Regs" maak nou weer sy
opwagting. In die berigte word hierdie "Regse" groeperings in so 'n slegte
lig gestel dat meeste mense na die lees daarvan sal dink dat dit waarlik
sleg moet wees. Later, sonder dat daar vrae gevra word, word almal na wie
daar as "Regs" verwys word in 'n negatiewe lig gesien. Nou kan daar maar
meer lig op die saak gewerp word. Die skade is egter reeds gedoen danksy
Beeld en al sy wanpropaganda trawante.

Die vraag wat egter ontstaan is: Moet ons almal nou "Links" wees? Moet ons
daarmee saam ook "Slinks" wees en lieg om ons politieke doelwitte te bereik?

Wanneer is jy nou eintlik "Regs"?

As jy 'n Vierkleur laat wapper?

As jy die stem sing?

As jy staan en veg vir die behoud van dit wat kosbaar is vir jou en jou
volk?

As jy beginselvas is?

As jy nie blindelings agter alles wat "nuut" is aanhardloop nie?

As jy nie deel van die reenboognasie nagmerrie wil wees nie?

As jy gekant is teen die verknegting van jou volk onder 'n volksvyandige
regering?


Laat ons "Regses" onsself maar eerder by die waarheid bepaal. Daar is genoeg
FEITE om ons sienings, optrede en ideale te staaf.

Los die leuens vir die slinkse Linkses....

Tuesday, November 18, 2008

Bloedrivier-Gelofte 170

*Goeiedag almal,

Bloedrivier-Gelofte 170 begin DV eerskomende Vrydag (21 November) by
die Voortrekkermonument in Pretoria. Die dag daarop is dit Krugersdorp
se beurt, gevolg deur
*

*Brakpan,
*

*Groblersdal,
*

*Bronkhorstspruit,
*

*Witbank,
Middelburg,
*

*Bethal,
*

*Standerton,
*

*Ermelo,
*

*Piet Retief,
*

*Newcastle en
*

* Vryheid.
*

*
U kan ook deel hê aan Bloedrivier Gelofte 170 deur die Manifes te
onderteken op ons webwerf. Besoek http://www.bloedrivier.org

Die program wat Vrydagaand by die Voortrekkermonument aangebied word
lyk as volg:

18:00

Besigting van Kakebeenwa

18:45

Kultuurfees in Senotaafsaal.

Samesang en solosang met Melisa en Coreen

Verwelkoming Willie Smith

Skriflesing en gebed Ds. Wilhelm Steyn

Voorlesing: Coert Grobbelaar Psalm 8 (Totius)

Koorsang: F# Koor o.l.v. Attie Rossouw

My Land, Suid-Afrika (George W. Warren)

Suid-Afrika, ons erfdeel (H. Pieter van der Westhuizen)

Kollekte - Ockie Vermeulen

Voordrag: Coert Grobbelaar

By die riviere van Babel (Olga Kirsch)

Die Gelofte van 1838.

Solosang: Coreen Smith

Bloedrivierlied (woorde en musiek: Jenny van Zyl)

Samesang: Gelofte van Bloedrivier (Beryming van Adam Willemse)

Voorlesing: Doringboompie( Totius) Coert Grobbelaar

Verootmoedigngsboodskap Ds. Dion van Dyk

Solosang: Coreen Smith

Hy sal jou antwoord gee (teks: Jenny van Zyl)

Vul my met u gees ( woorde en musiek: Coreen Smith)

Samesang:

Lied 274: 1 en 2

Lied 280: 1 en 2

Koorsang: F# Koor o.l.v. Attie Rossouw

1 Kor. 13 (Gisela de Villiers)

Psalm 23 (Chris Lamprecht)

Die Manifes van 2008. Boetman Duminy

Aansteek van lanterns Nico Stofberg

Oorhandiging Statebybel Jan Loubser

Voordrag Coert Grobbelaar

Gebed van die loot aan die wynstok(Sheila Cussons)

Samesang: Ons Vader

Voordrag: Die Stem van Suid-Afrika Coert

Grobbelaar

Oorhandiging van Bybels & ondertekening van die Manifes

Vertrek van die Kakebeenwa.

Solosang: God bly met U (Lied 269) Coert Grobbelaar

Toegang is gratis en die kleredrag is semi-formeel.
*

*
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*

*Voorlopige beplanning van die toer:*

*Let daarop dat dit wel onderhewig is aan verandering.
*

*Krugersdorp (22 Nov.),
*

*Brakpan (23 Nov.),
*

*Groblersdal (24 Nov.),
*

*Bronkhorstspruit (25 Nov.),
*

*Witbank (26 Nov.),
*

*Middelburg (27 Nov.),
*

*Bethal (28 Nov.),
*

*Standerton (29 Nov.),
*

*Ermelo (1 Des.),
*

*Piet Retief (2 Des.),
*

*Newcastle (3 Des.) en
*

*Vryheid (6 Des.).*
**
*
*

Thursday, November 13, 2008

'n Strategie na vryheid

Het die Afrikaner vandag 'n strategie om vry te word? Ons strewe is
tog vryheid, maar daarvoor het ons 'n strategie nodig. Jy gaan tog nie
op vakansie na 'n onbekende plek as jy nie eers weet waar dit is of
hoe om daar uit te kom nie. Jy pak ook vir die reis. As dit 'n koue
plek is, pak jy warm klere en andersom. Jy berei dus voor vir jou
bestemming. So ook moet daar beplan word vir ons bestemming -
volksvryheid. M.a.w ons moet 'n strategie he van hoe ons daar gaan kom
en ons gaan sekere goed moet "saamvat" vir wanneer ons daar is.

Behalwe vir 'n staatsadministrasie, gaan ons verseker 'n ekonomie
nodig he, so ook skole en universiteite, 'n media ens. In die verband
is daar reeds CVO skole, Oranjekas, Oranjesakekamers en Radio
Pretoria, maar dit is seker nie al wat ons gaan nodig he nie.

Dit is egter belangrik om 'n strategie te he hoe om daar uit te kom
en hierin speel die VVK 'n belangrike rol.

Dit is my siening, maar ek sal graag wil hoor wat dink die ander Bravolanders.

Wednesday, November 5, 2008

Amptelike persverklarings Bravoland - VSA het die oorlog verloor

Die VSA het na 9/11 oorlog verklaar teen terreur. Dit is vreemd dat 'n
land oorlog verklaar teen terreur, gewoonlik verklaar 'n land tog
oorlog teen 'n ander land of volk. Indien mens egter in ag neem dat
die terroriste wat die vliegtuie in die geboue laat vas vlieg het
Moslems was en dat dit alles beplan is deur radikale moslems, moet
mens aanvaar dat die VSA in werklikheid oorlog verklaar het teen die
moslems, maar te polities korrek was om dit openlik te se. Vandaar dan
die "Oorlog teen terreur".

Aan die einde van 'n oorlog, word die oorwinnaars se leier of 'n
leier wat hy aanstel, die leier van die land wat verloor het. Vandag
is 'n muslem verkies tot President van die VSA, dus is dit my siening
dat die VSA sopas die oorlog verloor het en uitgelewer is aan die
muslems.

Monday, November 3, 2008

Die belangrikste besluit van jou lewe

Die belangrikste verantwoordelikheid wat ooit aan 'n mens toevertrou
kan word, is kinders.

Die belangrikste besluite wat jy ooit in jou lewe neem, is die
besluite in verband met jou kinders.

'n Besluit oor 'n huis of 'n motor wat gekoop moet word, selfs oor jou
eie loopbaan, is gering in vergelyking met dit wat jy oor jou kinders
besluit.

Jou besluite oor jou kind reik tot ver in die toekoms: Dit beïnvloed
sy lewe, sy lewensgehalte, die sin van sy bestaan en die lewe van sy
volk en nageslag. Dit is iets waarmee doopouers nie ligtelik durf
omgaan nie.

Ons volk se kinders was nog altyd die prooi van ons vyande. Tydens die
Tweede Vryheidsoorlog het Engeland 22 000 Boerekinders vermoor. Dié
wat oorleef het, se siele het hulle probeer vernietig in
konsentrasiekampskole, en na die oorlog in staatskole.

Gelukkig het ons voorouers die verstand en die durf gehad om ons eie
Christelik Nasionale skole te stig om ons kinders te red.

Vandag is ons kinders weer die prooi van 'n vyandige oorheerser. Die
nuwe Suid-Afrika se staatskole is veel eerder sentrums van
maatskaplike manipulasie en identiteitsafkraking as van opleiding of
opvoeding.

Staatskole stel ons kinders bloot aan gruwels wat strek van lae
akademiese standaarde, vals geskiedenisvertolking en gelykstelling van
God aan afgode, tot vernedering, molestering, aanranding en selfs
moord op wit kinders.

Ja, ons gee toe dat daar nog staatskole is waar die hoof nog op die
regte pad is en nog nie, soos by Hoërskool Ermelo, daaroor afgedank is
nie.

Die feit is dat 'n staatskool waar dit goed gaan steeds deel van die
staat se onderwysstelsel is. Dis 'n trok waarin dit goed gaan aan 'n
trein wat besig is om oor die afgrond te stort.

Daarteenoor is dit vir enige kind voordelig om skool te gaan saam met
maters van dieselfde taal, beginselgrondslag, kultuuragtergrond en
akademiese ingesteldheid. Hoekom moet ons kinders wag vir agterblyers?

Die onderwysers en ouers van kinders in eie skole is van 'n besondere
kaliber: Hulle is die baanbekers wat voorloop om 'n toekoms te
verseker, die daadkragtiges wat nie bang is om uitdagings aan te pak
en te oorwin nie, die verantwoordelikes wat nie met hulle kinders se
lewe en toekoms dobbel nie, die onstuitbares wie se Godsdiens en
waardes ononderhandelbaar is, die skranderes wat 'n situasie kan
beoordeel en 'n oplossing vir probleme kan vind.

Dit is die soort mense met wie 'n mens 'n pad kan loop en natuurlik
sal hulle kinders deur oorwerwing en opvoeding ook uitblink.

As ons almal daardie suiwer gees openbaar en al ons kinders in
volkseie skole plaas, sal volkseie onderwys die ouer minder geld kos
as die afbrekende staatsonderwys.

Dan kan ons volkseie onderwysers ook die salarisse ontvang wat hulle
as helde van ons volk verdien.

Dis nóú die tyd om die belangrikste besluit van jou lewe te neem: Gaan
jy jou kind as prooi vir ons vyande aanbied of gaan jy hom 'n lewe en
'n toekoms gee?

Waar gaan jy jou kind volgende jaar laat skoolgaan?

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html


Besoek gerus die volgende skakels vir meer inligting vir puik onderwys
, hul webwerf, daar is ook 'n lys van skole:

http://www.bcvo.co.za/

En hul kontaklys:

http://www.bcvo.co.za/skl/bcvoSkole2008.pdf

Amptelike persverklarings Bravoland - Om na grashalms te gryp...

Die winde van politieke verandering het sedert Desember in Suid-Afrika
verwoesting gesaai. Hierdie winde volg na Jacob Zuma verkies is as
president van die ANC. Mbeki is soos 'n koerant in die wind van die
politieke speelvlak gevee. Talle ongelukkige ANC lede het van die
geleentheid gebruik gemaak om uit die party te dros. Die belangrikste
is seker die sogenaamde Shikota groep. Hierdie groep het die naweek
'n konferensie gehou in Sandton. 4000 mense het die konferensie
bygewoon en talle is met busse uit die Oos-Kaap aangery. Op tipiese
Afrika manier is daar nie vroegtydig vir die spul verblyf gereel nie
en daar was weer geskarrel om in die Sandton hotelle verblyf te reel.
'n Mens kan maar net wonder wie vir die "vakansie" betaal.

Die DA het seker uit paniek, ook hierdie konferensie bygewoon, want as
die Shikota groep slaag, sal die DA nie meer die amptelike opposisie
wees nie. Oor hoe Helen Zille ontvang is, is daar ook verskillende
menings. Praag se verslaggewer reken sy is feitlik ge-ignoreer, waar
Rapport se verslaggewer reken sy is verafgod. Vreemd.

Tog is hier 'n nuwe dimensie in SA politiek. Die ANC gaan moontlik nou
sy eie opposisie word. 'n Opposisie met presies dieselfde
doelstellings as die ANC. M.a.w slegs 'n magstryd van persoonlikhede.

Wat egter skokkend is, is die hoeveelheid blankes wat nou glo dat die
manier om die ANC te stop, is om die nuwe ANC te ondersteun. Die
beginsels van die nuwe ANC is blykbaar nie belangrik nie, solank hulle
die ANC stop.
Kan mens rerig so naief wees om na enige grashalms te gryp?

Friday, October 24, 2008

Uit die Kantoor van die Verkennerspresident

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Kantoor van die Verkennerspresident


24 Oktober 2008

Openbare Verhore oor Naamsveranderings


Sekere sake moet in perspektief geplaas word rondom die gebeure by die
sogenaamde openbare konsultasies oor Pretoria se
straatnaamsveranderings.

Dit was veral jongmense, en spesifiek lede van die Verkenners se
Jeugbeweging, wat betrokke was by die openbare "verhore". Dit was een
van die lede van die Verkenners wat deur die polisie weggevoer was, en
wat later maar weer laat gaan is toe dit blyk dat hier sprake was van
magsvergryp deur lede van die SAPD, en dat dit neerkom op 'n onwettige
arrestasie.

Die Dagbestuur van die Verkennersbeweging stel dit onomwonde dat hy
nie gaan optree teen enige lid van die Verkenners se Jeugbeweging nie.
Hulle het in hulle jeugdigheid, aangevoer deur erge frustrasie, sake
dalk op 'n ander wyse benader as wat ouer mense dit moontlik sou doen.
Dit is egter so dat hulle nog meer die slagoffer is van 'n bestel en
omgewing wat Afrikaner-onvriendelik is. Hulle kry slegs met uiterste
inspanning werk, want affirmative action tel teen hulle. As hulle 'n
eie onderneming wil begin, is SEB daar om 'n deel van hulle
onderneming van hulle af te vat. Op universiteite word hulle gedwing
om te integreer, en die reg tot assosiasie en disassosiasie word hulle
ontneem, onder die valse beskuldiging dat hulle dan rassisties is.
Ook hulle wil die bietjie erfenis wat hulle vadere aan hulle oorgedra
het, in die vorm van 'n ontwikkelde stad met historiese name, sien
behoue bly – iets wat lynreg bots met die sinnelose naamsveranderings.

Bowendien is dit duidelik dat die openbare verhore 'n klug is en net
bedoel is om te dien as rubberstempel op 'n besluit wat reeds geneem
is.

Die ANC-bestel lok sodanige optrede uit, en as iemand te blameer is,
is dit die ANC self. Die ANC moet dalk kennis neem dat optredes van
dié aard, in die toekoms eerder sal toeneem as afneem, as die ANC
voortgaan met sy Afrikaner- en Boere-vervolging.

Die Verkennersbeweging is trots op hierdie lede van hom, wat nie
skroom om standpunt in te neem nie, en selfs bereid is om daarvoor
opgesluit te word in omstandighede wat bekend is as haglik. Dit is
wonderlik om te sien dat seuns mannemoed openbaar oor iets waaroor
hulle sterk voel. Ons kan hulle net gelukwens met hulle optrede.

Ons doen ook 'n beroep op elkeen van hulle wat ook maar net gedreig is
met geweld deur arrogante polisielede wat skynbaar nie weet waar hulle
bevoegdhede eindig nie, om aanrandingsklagtes teen dié polisielede
aanhangig te maak nie, ongeag of hulle wit of swart is. Die
Verkennersbeweging sal help met regshulp indien nodig.


Henk van de Graaf

President

Pasop wat jy sing !!

Dit is wel bekend dat die ANC leier Jacob Zuma gereeld stydliedere
sing. Sy volgelinge sing ook gereelde sy kenmerkende "bring my masjien
geweer" wanneer hulle steun aan hom wil wys of om persone wat hulle
teenstaan te intimideer. Daar is egter ander liedere wat hierdie
radikale elemente sing, die temas waarvan heelwat die geweld wat hulle
gaan pleeg teen blankes en veral boere bevat. Teen hierdie persone is
nog nooit opgetree nie en dit blyk dat dit as aanvaarbaar ge-ag word
deur die polisie.

Daarteenoor is "Jan Pierewiet", "Sarie Marais" en ander
Afrikanervolksliedere heeltemal onaanvaarbaar. 'n Bewys hiervan is die
reusagtige polisie teenwoordigheid by die openbare vergadering oor
straatnaamveranderings by die Pretoria-noord stadsaal. Die Polisie het
slegs opgetree teen die Afrikaners wat hierdie liedere gesing het en
nie eens die geweldadige wyse waarop 'n ANC/SAKP lid die Afrikaners
met 'n stoel aangerand het, kon die polisie motiveer om teen die
ANC/SAKP lid op te tree nie.

'n Versoek sal gerig word aan die FAK om 'n waarskuwingsnota aan die
FAK-sangbundel te heg: "Hierdie liedere kan polisiegeweld veroorsaak".

Die uwe,

Ben Geldenhuys

Gestapo tactics used by South-African Police




Date: Fri, Oct 24, 2008 at 1:15 AM
Subject: Gestapo tactics used by South-African Police
To: ireport@cnn.com, yourpics@bbc.co.uk, news@newsday.com, news@sky.com, margaretha@publicy.nl, foxnews@foxnews.com, press.office@bbc.co.uk, dtletters@telegraph.co.uk
Cc: mathet@saps.org.za, nmtyelwa@anc.org.za, ntshabalala@anc.org.za, crooksa@saps.org.za


Black Police use violence against white civilian women Wednesday evening at a public meeting concerning streetname-changes

The meeting was attended by different Afrikanergroups such as "Afriforum " and "Verkennersjeug".
The meeting started without a problem until a motion by Mr. Jan Beyers were being blatantly ignored . Mr. Jan Beyer's motion stated the meeting must be adjourned because it is unlawful , the city council already made up their minds to change the streetnames , it is not democratic and hence unlawful . While members insisted that the motion must be accepted , members of the police rapidly increased .
Emotions ran high between the group that's opposed to the changes and those who approve it . Members of the SACP (SouthAfrican Communist Party) and ANC (African National Congress) made their support of the streetname changes loudly clear .
Violence erupted when a member of SACP/ANC hit Mr. Jan Beyers with a chair over the head .
The black Police chose to act in favour of the SACP/ANC members by attacking the white people . One of the white people , an advocate ,  were beaten and unlawfully arrested .
Mr. Werner Smook , chairman of the "Verkennersjeug" said : " The arrest of one of our members was unlawful and the action of the police was unecesary violent and racist against whites . Members of the "Verkennersjeug" will file law-suits against the Metro-councel and Police .

After the arrest the lights of the meeting hall were switched off , the police then shot teargas into the dark hall . After this the meeting were restarted but the white people were not allowed by the Police to enter the hall again . On this principle the meeting was not democratic , it's a hoax , that is why we will reject the results .

Mr. Kallie Kriel of "Afriforum" pointed the man out to the Police who started the violence - an SACP/ANC member . The police ignored him and shoved him out of the hall . A senior member of the police in civilian clothes seriously assaulted Mr. Kallie Kriel without any cause .

The "Verkennersjeug" is a peaceful cultural organisation and regret the violent actions of the SACP/ANC and police who use Gestapo methods to intimidate citizens .