Saturday, April 25, 2009

VVK (Volksraad Verkiesing Kommissie)

Inligting 4 - Gestuur 25 April 2009

Met die Suid-Afrikaanse veelrassige verkiesing agter die rug, kan ons
nou fokus op ons volk se volksraad verkiesing. By die OVK proses het
jou stem nie vir veel getel nie, by die VVK proses maak jou stem egter
'n goot verskil. Dit is dus belangrik dat jy registreer en vir al die
volksgenote wat jy ken vertel van die proses.

Die VVK se Facebook groep
http://www.facebook.com/group.php?gid=48129031422 staan nou op 400
lede. Dit sou beteken dat die groep groei met sowat 100 lede per maand
en alhoewel dit goed is, is dit nie goed genoeg nie. Doen dus iets vir
jou volk vandag en nooi mense om aan te sluit! Ek lees op die muur en
op van die gesprek forums dat van die lede ongeduldig raak. In die
verband wil ek President Burger aanhaal: "alles sal reg kom, as elkeen
sy deel doen." As jy ongeduldig is oor die proses, nooi, nooi en nooi
nog!

Al ooit gewonder waarom die VVK, of miskien is al die inligting m.b.t
die proses bietjie veel en soek jy na 'n kort verduideliking? Gaan dan
onmiddelik na die groep, daar is twee nuwe besprekingspunte wat
hierdie versigting sal bevredig. Daar is ook 'n insiggewende skrywe
van Paul Kruger genaamd "een geslag na 1994". Dit is 'n redelike
bondige stuk werk (heel moontlik meer leeswerk as wat 'n
Matriekleering in 'n hele jaar lees in die Nuwe Suid-Afrika se
staatskool), tog vervat dit belangrike inligting. Gebruik dus een van
die vakansiedae en lees die stuk gerus.

Ek was onlangs in Zimbabwe om te gaan kyk hoe gaan dit met ons
volksgenote daar. Hulle het ongelukkig te lank gewag voor hulle wakker
geskrik het en besef het die skrif is aan die muur, donker Afrika het
hulle ingehaal. Dankie dat u help dat dit nie met ons ook gaan gebeur
nie. Dankie dat u besef; "alles sal reg kom, as elkeen sy deel doen."

Vriendelike groete,


Ben Geldenhuys

Friday, April 24, 2009

Twee jaar van Volksarbeid

Dit is vandag presies twee jaar sedert Bravoland haar deure oop gemaak
het vir volksgenote. Ek onthou nog die opgewondenheid oor elke nuwe
lid van aangesluit het....30.....50....100 tot vandag, twee jaar later
waar die lede tal op 1172 staan.

Ek onthou die vasberadenheid met die beplanning en uitvoering van
verskeie versetaksies en die deernis waarmee volkshulp aksies gedoen
is. Ek onthou die warm debatte maar ook die lekker gesels op die
forum. Ek dink terug aan die trots waarmee die Triomf vlag in gebruik
geneem is en die talle historiese plekke waar Bravolanders al die vlag
laat wapper het; Majuba, Paardekraal, Genl de Wet se Plaas, die
Voortrekkermonument en verskeie ander. Die gedagte dat die vlag ook op
verskeie plekke reg oor die wereld wapper, laat 'n warm trotsgevoel in
my hart. Ek onthou die opgewondenheid met die ontwerp van Bravoland se
landswapen en die verligting toe daar uit eindelik op een besluit is.

Ek beleef al die volksaksies waar Bravolanders by betrokke is. Die
Oranjekas, die Oranje Sake Instituut en die verskeie Oranje Sakekamers
wat ten doel het om ons volksekonomie weer te laat herleef. Ek sien
die Bravolanders by die Verkenners Beweging, by die Afrikanerfront en
verskeie ander volksgerigte organisasies.

Met die Volkskultuurdag wat hierdie jaar weer op die 30ste Mei 2009
gevier word by die historiese Paardekraal Monument, dink ek terug aan
2008 se fees en hoe hard die Bravolanders aan en by die fees gewerk
het. Ek onthou hoe trots ek was by die Radio Pretoria spogaand, nie
net omdat Bravoland een van die borge was nie, maar ook oor al die
Bravolanders wat daar was en selfs oor die Bravolanders wat deel was
van die reelings kommittee.

Dit alles onthou ek en dit verbaas my nie, want in Bravoland word daar
gepraat maar ook gedoen. Ek besef ook dat Bravoland vir ewig sal
bestaan, want Bravoland is 'n gedagte. 'n Gedagte wat leef in die
harte van haar burgers. 'n Gedagte wat op geen beter manier verwoord
kan word as -
In Geloof, Ons vryheid!

Op hierdie tweede verjaarsdag van Bravoland, is dit ook vir my
aangenaam om die nuut verkose Volksraadslede geluk toe te wens en ook
sterkte. Aan die uittredende Volksraadslede wil ek bedank vir die
diens wat hulle aan Bravoland gelewer het.

Met dank,

Ben Geldenhuys

http://www.bravoland.co.za

'n Volkseie ekonomiese ekostelsel

Op die 21ste April 2009 het die Oranje Sake Instituut, 'n samebindende
organisasie van die Oranje Sakekamers, hulle maandelikse vergadering
gehou by Jasmyn naby Hartbeespoortdam. Die positiewe gesindheid van
die teenwoordigdes was ooglopend sigbaar en dit kan ook nie anders
nie, met al die postiewe vordering wat daar gemaak word in die
herlewing van 'n volksekonomie. Die bedrywighede van die verskillende
sakekamers is bespreek en daar is kennis geneem van verskeie nuwe
inisiatiewe wat vanuit die sakekamers ontstaan. Ook die stigting van
verskeie nuwe sakekamers is bespreek en die lede van die Oranje Sake
Instituut was verheug om te verneem dat Afrikaner sakemanne die
gedagte van die Oranje Sakekamers so goed ontvang.

Tydens die besoek het die eienaar van Jasmyn, wat ook 'n lid is van
die Oranje Sake Instituut die teenwoordiges op 'n toer geneem van die
onderneming en die plaas. Tydens die toer het hy verduidelik dat hulle
die konsep van permakultuur volg. Permakultuur berus daarop dat niks
vermors word nie en kan ook as 'n ekonomiese ekostelsel beskryf word.
In enige vervaardigings proses is daar altyd afval of "oorskiet",
binne die permakultuur word hierdie oorskiet benut om sodoende winste
te vergroot. 'n Eenvoudige voorbeeld hiervan, by Jasmyn word daar o.a
groente en vrugte verkoop. Daar word ook konfyt verkoop. Vrugte wat
dalk nie so mooi op die oog is nie, word dan gebruik om hierdie konfyt
te maak. Indien Jasmyn egter nie konfyt gemaak het nie, sou dit
beteken dat hulle die vrugte wat nie so mooi gelyk het nie weens
misvorming, moes weg gooi, omdat dit nie sou verkoop nie. Dit sou
beteken dat hulle die ander vrugte vir 'n groter prys moes verkoop om
dieselfde wins te realiseer. Aangesien hierdie misvormde vrugte nou
egter by 'n ander afdeling gebruik kan word, is daar geen nodigheid
vir die prys van die orige vrugte om verhoog te word nie.

Die voordele is ooglopend. Die vrugte by Jasmyn is bekostigbaar, van
'n goeie gehalte en hulle maak steeds 'n wins. Die melkery,
kaasfabriek, bakery, groenteplaas en restaurant vorm almal deel van
hierdie ekonomiese ekostelsel waar die een afdeling die ander afdeling
voed. Hierdie wederkerende voeding tussen die afdelings is nie net vir
die verskillende afdelings tot voordeel nie, maar ook vir die
gewaardeerde kliente. So byvoorbeeld is die groente, vrugte, slaaie en
ander voedsel in die restaurant plaasvars, aangesien dit van die plaas
binne die stelsel ontvang word. Die plaas het 'n mark vir die produkte
wat daar verbou word en kan dit lewer sonder duur verpakking, vervoer
of verskeie middelmanne. In kort, almal wen.

Mnr Ben Geldenhuys van die Oranje Sake Instituut het die hoop uit
gespreek dat die Afrikaner 'n ekonomie kan vestig wat op dieselfde
beginsels gebaseer is. Hy het bygevoeg dat so 'n Afrikaner ekonomiese
ekostelsel die Afrikaner sal verskans teen die huidige wereld
ekonomiese krisies en dat die Oranje Sakekamers en Oranjekas die begin
punt is van so 'n Afrikaner ekonomiese ekostelsel.

Wednesday, April 22, 2009

Sunday, April 19, 2009

Bravoland

Wat is Bravoland?


'n Kuberstaat vir die Bloedrivier Geloftevolk! Bravoland het tot stand
gekom, grensloos, onafhanklik, uit die versugting van die Afrikaner/
Boerevolk na vryheid!

Elke lid van die Bloedrivier Geloftevolk en ALMAL wat hulself met die
stryd van die Bloedrivier Geloftevolk vereenselwig is welkom in
Bravoland. U word vriendelik uitgenooi om deel te word van die
snelgroeiende kuberstaat.

Bravoland is uit die volk vir die volk... en moet (in spesifiek die
forum) gesien word as 'n verhoog. 'n Verhoog waar u as burger kan
opstaan, u kennis en ondervinding kan aanbied in die toepaslike
"departement", hetsy dit onderwys, energiesake, veiligheid, finansies,
ensovoorts is.

Bravoland het geen politieke affiliasie nie, maar deur die samewerking
van alle burgers (van alle Afrikaner/Boere-organisasies en/of partye,
moet Bravoland gesien word as u spreekbuis – waar u u vrese kan
openbaar, u vrae en kwellinge kan verwoord, u siening mag uitlig en in
die proses ook deur kundige kennis gehelp en/of gelei kan word.

Daarom dat Bravoland geskoei is vanuit 'n volkstaatkonsep. Die doel
van die "kuber-volkstaat" is dan ook om u as burger aan te hoor.

Feite is dat die Afrikaner-kultuur, -geloof, taal en geskiedenis
vandag onder ontsaglike druk is en dat dit stadig besig is om verlore
te gaan. Hier in Bravoland sal daar pogings aangewend word om, deur
kundige leiding en bestuur, juis ook hierdie kwessies aan te spreek en
dan ook met daadwerklike optredes te poog om dit te implementeer.

Word deel van Bravoland. Kom deel u kennis en ervaring en help om ons
volk weer op te bou.

Word nou deel van die toekoms, sluit aan by Bravoland.

http://www.bravoland.co.za

Monday, April 6, 2009

Afrikanerfront Mediaverklaring : 6 April 2009

Die Afrikanerfront, 'n oorkoepelende organisasie van 24
volksorganisasies wat selfbeskikking en onafhanklikheid van die
Afrikaner- of Boerevolk nastreef, het kennis geneem van die gesprek
van die ANC-leier, mnr. Jacob Zuma, met verskeie Afrikaanse
organisasies. Die Afrikanerfront stel dit duidelik dat die Afrikaanse
organisasies geen mandaat gehad het om namens die hele Afrikanervolk
aan die gesprek deel te neem nie, en die feit dat 'n meningsopname
deur Beeld daarop gedui het dat soveel as 97% van die respondente Zuma
as 'n manteldraaier beskou en hom nie vertrou nie, kan 'n aanduiding
wees dat van die organisasies wat aan die gesprek deelgeneem het, uit
voeling is met die gevoel van hulle lede.


Die Afrikanerfront het egter met waardering kennis geneem van die feit
dat die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) dit uitdruklik aan Zuma
gestel het dat 'n beduidende deel van die Afrikanervolk nie daarin
belangstel om in een staat met die ANC-president te woon nie, en dat
die Afrikaner sy eis op selfbeskikking nooit sal laat vaar nie.


Tydens die Afrikanerfront se vergadering wat Saterdag in Pretoria
plaasgevind het, is besluit om solank 'n uitvoerende gesag daar te
stel wat Afrikaners se belange kan bevorder. Verskillende Direktorate
sal binne die volgende twee maande gevestig word, waaronder 'n
Direktoraat vir Volksonderwys, 'n Direktoraat vir Volksveiligheid, 'n
Direktoraat vir Volksekonomie en verskeie ander.


Sodra die VVK sy Volksraadsverkiesing suksesvol afgehandel het, sal
dit die wetgewende gesag uitmaak wat dan saam met die uitvoerende
gesag sal werk, wat nou reeds in plek gestel word.


Daar is ook besluit dat Afrikaner studente op die tradisioneel
Afrikaanse universiteite, saamgesnoer sal word in 'n nuwe Afrikaner
Studente-organisasie wat hulle sal bystaan met sake wat vir hulle van
belang is.


Henk van de Graaf

Sekretaris

Sunday, April 5, 2009

Volkskultuurdag 30 Mei 2009

Voorlopige program:

10:00 - 10:10 Opening en verwelkoming

10:10 - 10:30 Vlaghysing seremonie

10:30 - 11:00 Perde optrede - Friesperde

11:00 - 12:00 *Volkspele optrede

11:30 - 12:00 Spreker

12:00 - 13:00 Kunstenaars - minder bekend

13:00 -*14:00 Middagete met agtergrond musiek

14:00 - 14:45 Kunstenaars - minder bekend

14:45 - 15:00 Bedanking van borge

15:00 - 16:00 Bekende Kunstenaar*

16:00 - 17:00 Boere-orkes

17:00 - 17:10 Die stem en vlagstryking

17:10 - Laat. - Bring en braai.

Die "bekende kunstenaar" sal binnekort bekend gemaak word.


Geagte Bravolanders,

Daar is 'n reuse poging om hierdie dag groter en beter te maak as die
ander drie feesdae wat verlede jaar by Paardekraal aangebied was.

In hierdie verband het ons reeds 'n baie bekende kunstenaar bespreek,
wat ek glo sommer heelwat mense gaan lok. Ook gaan ons hierdie keer
ons bemarkingspoging vergroot. Meer baniere, meer plakate, meer
koerant advertensies en natuurlik internet addvertensies. Ons is ook
baie gelukkig om DRIE mediaborge te he:

1. Op jou Voorstoep ('n plaaslike koerant)
2. Die Afrikaner
3. Radio Pretoria!!

Natuurlik is ons baie dankbaar vir die mediaborge en glo dit gaan nog
meer voete op die feesgronde plaas.

Soos julle kan sien gaan hierdie 'n groot fees wees. 'n Groot fees het
ongelukkig ook groter uitgawes en in die verband het ons reeds 'n paar
borge. Indien enige iemand of enige organisasie belangstel om as borg
op te tree, kontak my gerus vir besoderhede. Ek belowe dat die
borgskap ten volle die moeite werd gemaak sal word!

Daar gaan heelwat stalletjies wees. Selfs meer as in die verlede.
Indien iemand belangstel om 'n stalletjie te bekom, kontak my gerus.
Ongelukkig is daar nie meer plek vir nog kos stalletjies nie, daar is
reeds tonne!

Wat vermaak betref buiten dit wat op die program verskyn, is daar weer
soos in die verlede 'n skyfskiet punt. Daar sal ook 'n perdekar wees
waarop die kinders kan ry en verskeie ander vermaak vir die kinders.
Daar is natuurlik altyd plek vir nog, veral met die hoeveelheid mense
wat ons verwag. Indien enige iemand dalk belangstel, kontak my!

Vriendelike groete,

Ben Geldenhuys
Besoek gerus
http://volkskultuurdag.blogspot.com

Saturday, March 14, 2009

PERSPEKTIEF OP DIE VERKLARING VAN ‘N PAAR (VERLINKSE) HERVORMDE TEOLOË.

PERSPEKTIEF OP DIE VERKLARING VAN 'N PAAR (VERLINKSE) HERVORMDE TEOLOË.

Die artikel en antwoord daarop word op SEGE se webwerf geplaas.
Normaalweg wil SEGE nie in kerksake betrokke raak nie, maar die berig
in Beeld raak nie net die NHKA se lidmate nie; dit is 'n aanklag teen
die hele Afrikanervolk en sy verlede.

Dit, wat ons al 'n geruime tyd gelede verwag het, het toe op 12
Maart 2009 gebeur. Die linkse aanslag teen die Nederduisch Hervormde
Kerk van Afrika (NHKA) het na die voorlaaste Algemene Kerkvergadering
begin. Daar was in stille voorbereiding gereed gekry met die oog op
die Algemene Kerkvergadering (AKV) van 2007, wat dan op kort
kennisgewing bekend gemaak sou word om voordeel uit die
verrassingselement te trek. Gelukkig het die inligting begin uitlek en
die voorstel dat die kerk sy kerkorde moes verander en met die swart
Engelssprekende Maranata Reformed Christian Church moet verenig, soos
geëis deur die World Alliance of Reformed Churches (WARC), kon toe nie
slaag nie. WARC het geëis dat die kerk moes deformeer om die woord
"volk" uit die kerkorde te verwyder. Die WARC het dit gedoen sonder
dat hulle verstaan wat die woord "volk" beteken, want hulle taal
(Engels) bevat nie so 'n woord nie; verder het die NHKA se
verteenwoordigers dit nie die moeite werd geag om dit aan hulle te
verduidelik nie.

Die linkse teoloë wat wil keer dat "die klippe nie uitroep nie", is
hoofsaaklik by die gedeformeerde Universiteit van Pretoria werksaam
(soos wat hulle e-pos adresse aandui) om NHKA se predikante op te lei.
(Die NHKA as volk- en behoudende kerk is vir hulle 'n verleentheid en
moet ten alle koste "gedeformeer" word). Dit is onder hulle hulp dat
daar nou hergroepeer word vir hulle nuwe offensief teen die kerk in
volksverband. Hulle gebruik die verlinkse koerant Beeld van die Kaapse
Nasionale Pers groep as hulle spreekbuis (hierdie vreemde alliansie
met die verwêreldse koerantgroep bestaan al vir jare). Dié koerant,
wat hulle as spreekbuis gebruik om met medelidmate te kommunikeer en
van hulle standpunte te oortuig, is deel van die persgroep wat vir
Deon Maas as 'n artikelskrywer gebruik het totdat die openbare mening
van Christen Afrikaners teen sy artikels Rapport gedwing het om sy
bydraes op te sê. Beeld (15 November 2007) berig hieroor soos volg:
"Maas sê hierin hy is nie 'n aanhanger van georganiseerde geloof nie,
maar satanisme is 'n 'godsdiens wat die reg het om beoefen te word'".
'n Artikel van hom agt dae tevore se opskrif was "666 is net 'n
syfer".

Voordat ons na die biegbelydenis van die geleerde teoloë kyk is dit
nodig om te reageer op die gesegde : "Aan jou vriende sal jy geken
word" en daarmee saam waaroor daar nie bely word nie. Hierby is dit
ook belangrik om na WARC te verwys wat met reg as 'n simpatiseerder
oor die jare van die ANC-S.A. Kommunistiese Party alliansie beskou kan
word.

Die alliansie met WARC toon die volgende persone in hulle midde:

Allan Boesak, sy verlede is aan ons almal bekend. Verdere inligting is:

a.. Bestuurslid van WARC – vanaf die 1980's.

b.. Lid van Sinodale Kommissie van die Verenigende NG Kerk.

c.. Lid van die topbestuur van die ANC in die Weskaap – tans
premierskandidaat van COPE.

d.. Boesemvriend van prof. Johan Buitendag.

e.. Desmond Tutu

f.. Voorsitter van die sogenaamde "Waarheid en
Versoeningskommissie". (Ons weet dat dit onder sy leiding alles
behalwe die waarheid en net so min versoening verteenwoordig en ewe
min versoening gehandhaaf het. Daar was grootskaalse bevoordeling van
ANC lede)
Daar is ook nog ander ANC aktiewe politici tussen die "broeders".

Terwyl die apartheid sogenaamd "mensonterend en boos" is, swyg ons
akademiese teoloë oor die veel groter "mensonterende en bose" orde wat
na apartheid geskep is en wat deur WARC onderskryf en geduld word;
soms nie te stilswygend nie. Die moord op meer as twintigduisend
Afrikaners deur swartes wat in die eerste vyftien jaar vanaf 1994
plaasvind, word met stilswye in die alliansie aanskou. Dit is minstens
vyf keer meer as die hoeveelheid swartes wat die afgelope vyftig jaar
onder apartheid se handhawing gesterf het. Word die moord op ongeveer
250 000 swartes sedert 1994 deur medeswartes onder die ANC regime deur
die geleerde teoloë as mensonterend beskou? Indien wel waarom so stil?
Die swartes se algemene lewensstandaard het onder apartheid dramaties
gestyg; meer as seshonderd duisend Afrikaners is tans armblankes met
baie in plakkerskampe (30 in Pretoria alleen). Apartheid het vir elke
swart volk vryheid aangebied; die Afrikaner word dit onder ANC-WARC
misgun. Nog vele ander voordele was aan swartes gebied soos hoë
gehalte mediese dienste.

Lees gerus weer Matteus 7:15-20 : ".. pas op vir vals profete. Hulle
kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle
verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens
dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?"

Die Belydenis in Nasionale Pers se koerant Beeld

Die eerste paragraaf se eerste sin begin met "'n Oomblik van
waarheid word ongevraagd deur die Heilige Gees in gelowiges se harte
gelê."

Ons weet dat die WAARHEID onafskeibaar is van die Heilige Gees.
Waarom word die waarheid dan verswyg oor die baie positiewe dinge wat
apartheid aan die swartes gebied het. Waarom die doodswyg van die
huidige ANC bedeling en die WARC se stilswye, terwyl daar WARC lede
was wat dade van terrorisme gepleeg het teen onskuldige lede van die
publiek ten tye van apartheid. Dit laat die vraag ontstaan of daar nie
eerder geluister is na die eie inbeelding nie!

In die 5de reël staan: "as ons stilbly, sal die klippe uitroep".

Waarom bly ons beswaarde teoloë dan stil oor dit wat hierbo genoem
was? Hy wat die WAARHEID (of 'n gedeelte daarvan) verswyg, bevorder
die leuen.

Reël 16 : " … op 'n beweerde ongelykheid tussen mense … ".

Ons antwoord: Hy wat beweer dat alle mense gelyk is, ontken die
werklikheid. Elkeen wat op straat staan en kyk na die mense wat
verbyloop weet dat alle mense nie gelyk is nie. Dit is 'n tipiese
voorbeeld van die halwe waarheid. Apartheid gaan van die uitgangspunt
oor die eiesoortigheid of andersheid van elke mens en volk. Sonder om
'n eie waarde-oordeel daaraan te heg. Die gebruik van die woord het
niks met gelykheid te make nie – maar sonder gelykheid kan die valse
bewering nie slaap nie.

Die vraag ontstaan waarom hierdie geleerde teoloë in die jaar 2009,
meer as 40 jaar na die moord op dr. Verwoerd en die opheffing van
apartheid, nog steeds die moeë perd opsaal. Gaan dit regtig oor die
"sonde" van apartheid, of is apartheid 'n sweep om die Afrikanervolk
te laat buig in 'n kommunisties beheerde oligargie.

Die geleerde teoloë het ongelukkig nie deeglike en kontroleerbare
navorsing gedoen oor die onderwerp waaroor hulle wil bieg en 'n mening
wil gee nie. In 1950 het dr. Verwoerd al gestel dat "beide
bevolkingsgroepe, wit en swart, 'n plan moet vind wat beide kanse tot
volle ontwikkeling van kragte en ambisies kan verskaf sonder dat dit
in botsing kom. Die enigste moontlike uitweg is … dat albei 'n
ontwikkeling aanvaar geskei van mekaar. Dit is al wat die woord
apartheid beteken." Hoe reg was hy nie as ons vandag kyk na die
mensonterende toestand rondom ons en veral binne ons eie volk nie. Dit
is slegs die wat hulle blind hou vir die waarheid wat dit kan miskyk.

Reël 21, 23 en 30 : ".. dit eksklusiewe voordele aan wit mense ten
koste van swart mense gegee het". "As mense wat voordeel getrek het
uit onregverdige strukture aanvaar ons mede-verantwoordelikheid vir
die trauma wat ander gely het. Die evangelie dring ons om nie daaraan
mee te werk nie."

Ons antwoord: Blankes het slegs binne hulle eie gebiede voordeel
getrek. Binne swart gebiede was voordele ten koste van blankes. Dit is
dan ook nie te verbase dat daar na 1994 'n doelbewuste poging deur
regeringsinstansies aangewend was om die inligting oor die bydraes
deur apartheid tot voordeel van die land se swartes te verwyder nie
(PH du Preez, APARTHEID: MISDAAD OF WELDAAD?; PH du Preez 2007), want
die leuen kan nie saam met die waarheid in die daglig bestaan nie.

Wat die "onregverdige strukture" aanbetref vertrou ons maar net dat
ons geleerde vriende bewus sal word van die onregverdige strukture
waaroor verskeie ANC politici al gesê het dat dit nooit verwyder sal
word nie. Ons noem dit Affirmitive Action en sogenaamd Swart
Ekonomiese Bemagtiging.

".. gedwonge menseverskuiwings, wat die lewe van miljoene mense verwoes het".

'n Aansienlike deel van die Afrikaner sal vandag wat wou gee om
"verskuif" te word met al die finansiële ondersteuning soos onder
apartheid. Dan kan hulle 'n nuwe begin maak, hulle kinders en
geliefdes uit die buiteland terugkry en die lewens van geliefdes (wat
nog oor is) behou. Ons versoek die geleerde teoloë om ruimte aan
hierdie waarheid te gee.

Reël 33-37 : "Eenheid en verskeidenheid in Christus"

Ons antwoord: Allereers moet duidelikheid verkry word oor die begrip
"eenheid in Christus". Eenheid in Christus as Bybelse begrip is gelyk
aan een in geloof in die een Christus, die gekruisigde en opgestane
Seun van God, die beloofde Messias van God. Dit beteken dat dit nie
eers fisies demonstreerbaar hoef te wees nie, want daardie eenheid is.
Die Skrif leer nêrens 'n wêreldwye wêreldkerk waarin al die nasies
moet verdwyn nie. Die "New Age" denke eis dit wel.

Die probleem bestaan dat ons geleerde teoloë met 'n ideologiese
eenheidsbegrip werk, soos byvoorbeeld dié van Adolf Hitler wat sy ryk
gebou het op die slagspreek: "Ein Volk, Ein Reich, Ein Fuhrer". Netso
min as daar ruimte was vir verskeidenheid by Hitler, netso min word
verskeidenheid nou ruimte gegun deur die geleerde teoloë. As daar
ruimte vir verskeidenheid in hulle denke is, waarom word daar nie 'n
beskeie ruimtetjie oopgelaat vir die vertrapte en verdrukte sondaar
Afrikaner, wat nie eens sy eie taal in sy eie vaderland mag praat nie.
Volk en kultuur trek tog betreklike grense wat egter nié die eenheid
in die geloof kan versteur nie. Die verskeidenheid word juis deur ons
geleerde teoloë negeer. Dit is wat die ANC regime ook doen en dit vorm
die kern van haas elke ander probleem waaronder ons land vandag ly.

Reël 38:42 : "Ons doen dit deur mede-gelowiges se onderskeie kulture
te respekteer, na mekaar te luister … "

Ons antwoord: Dit wat hier genoem word het meer tot sy reg gekom
onder apartheid as teenoor dit wat vandag die geval is. Die Afrikaner
se kultuur word vandag vertrap en vernietig. Asseblief, hou op om
gedeeltes van die WAARHEID te verswyg, want dit bevorder die leuen!

Reël 51 : Onder die opskrif: "Die Uitnodiging". "'n Mens voel alleen
en magteloos wanneer die lig van die evangelie dof om jou geword het."

Ons antwoord: As mens die "Uitnodiging" van die geleerde teoloë
lees, dan wek dit tog 'n bekommernis en vra 'n woord van vermaning.

● Eerstens is die formulering van so 'n aard dat dit die indruk skep
dat mense gewerf word om saam op te ruk om die "verdwaalde Hervormde
Kerk" uitmekaar te skeur.

● Ten tweede trek hierdie oproep 'n groot vraagteken oor die
geleerde teoloë se erns met die begrip eenheid in die kerk.

● Ten derde is dit 'n oop vraag of die versamelde steun van die
geleerde teoloë as stem van die kerk aangebied kan word. Dáárdie steun
het ons gehoor by die Algemene Kerkvergadering van die NHKA van 2007,
toe aansluiting by die WARC afgewys is.

Laat ons afsluit deur saam te vat dat ons moet terugkeer na die
WAARHEID en niks minder as die WAARHEID nie. Ons herken hierdie
verklaring in Beeld as die voortsetting van die aanslag teen die NHKA
en teen ons ouers en voorouers en behoudende lidmate in die NHKA wat
maar net rustig met hulle geloofslewe wil voortgaan tot eer van hulle
Skepper, ten spyte van alles wat in hulle weg gelê word. Ons weet dat
die linkse alliansie van teoloë nie sal rus voordat die kerk vernietig
is in die proses om te verwêrelds nie. Waarom verlaat hierdie teoloë
nie die NHKA nie, daar is vir hulle 'n tuiste in die NG Kerk, wat
presies soos hulle voel en wat gehelp het om apartheid met die huidige
regime van ongeregtigheid te vervang. Daar is baie onder hulle wat nou
ontnugter is en daar kan dan sommer eerstehands van hulle geleer word
wat verkeerd gegaan het. Dit is die eerbare weg om die kerk te verlaat
en nie om dit te vernietig deur dit te verdeel nie; of sit daar meer
hieragter? Moet ons nie verkwalik dat ons maar baie skepties hierdie
dinge gadeslaan nie. Dit is so oud soos die mensdom en dit wat in die
plek daarvan kom nadat dit klaar vernietig is, is gewoonlik veel
slegter as dit wat voorheen bestaan het. Die vraag kom na vore of die
NHKA se bates, wat deur die volk, wat nou aangeval word, opgebou is en
wat die "bekeerde" teoloë nou wil vernietig met kerklike verdeeldheid
dalk nie met gretige oë ingewag word deur die WARC vir herverdeling
nie. Die Nuwe Kriminele Suid-Afrika met sy WARC ondersteuning is 'n
sprekende voorbeeld hiervan.

Hiermee 'n uitdaging aan die geleerde teoloë na aanleiding van die
ryk jongman in Matteus 19:21 :

Jesus het hom geantwoord: "As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou
besittings en gee dit vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemel
hê. Kom dan terug en volg My."

Ons vermoed dat so 'n edele daad deur die geleerde teoloë nie vir
die verarmde lidmate van die NHKA of die armblankes van ons volk sal
wees nie, maar hulle kan dit dan minstens doen ter wille van dié mense
oor wie hulle so hard op hulle eie kerk en volk is.


R Buitendach 12 Maart 2009


http://www.sege.co.za/Spesiaal.htm

Tuesday, February 24, 2009

Bravoland Nuusbrief 02/2009

Geagte Bravolanders,


Bravoland is tans besig met 'n meningspeiling m.b.t die VVK. U insette
in die verband sal waardeer word. Volg die skakel:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4621.msg56463;topicseen#new

Daar is 'n uitnodiging aan sakemanne gerig. Om die uitnodiging te
sien, volg die skakel:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4641.msg56462;topicseen#new

Indien u weet van volksgenote wat op soek is na werk, daar is talle
werksgeleenthede vir volksgenote by hierdie skakel:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4397.msg56432;topicseen#new

Indien u so bietjie inspirasie nodig het om deur die dag te kom, gaan
lees gerus hierdie gedagtes:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4532.0

Moet ook nie vergeet van die Radio Pretoria spog-aand nie;
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4629.0

Laastens, indien daar iets is wat u bloot net nie kan glo nie en u 'n
antwoord daarop verlang, maak gerus 'n draai by hierdie draad en
vertel ons daarvan:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4627.0

Vriendelike groete,

Ben

ns. Sien u almal by Majuba!

Nuus oor die VVK

2009 is verkiesingsjaar vir die politieke partye in Suid-Afrika; en
soos wat "die nasie" se verkiesingskoors oplaai in die aanloop tot
hulle beoogde verkiesingsdatum van 22 April 2009, merk die VVK dat
opgewondenheid ook in volksgeledere toeneem vir ons eie verkiesing wat
ons buite parlementêre verband gaan hou en waarin ons volk alleen gaan
stem. Ons beoog dus om hierdie rubriek weekliks op te dateer met die
nuutste verwikkelinge in die opwindende proses waarmee ons besig is.
Verwikkelinge wat – ons is dankbaar om te sê – uiters positief is en
'n duidelike sein uitstuur dat die momentum in vandag se
Bittereinder-geledere al vinniger toeneem om saam te span en ons
bedreigings, hoe donker ookal uit menslike oogpunt, met geloofsmoed
tegemoet te gaan:

1. Eerstens is ons lys van landwye Registrasie Beamptes flink op pad
na die 200-kerf (besoek die afdeling "Registrasie Proses" op hierdie
webwerf om te sien wie en waar hulle is); en is verdere Verkiesing
Streek Koördineerders aangestel by name Mnre. Henk van de Graaff
(Kiesstreek Noord-Transvaal), Izak van der Schyff (Kiesstreek
Noord-Vrystaat) en Andries Breytenbach (Algemene Verkiesing Streek
Koördineerder). Hartlik dank aan al hierdie persone – mag hulle groot
werk inspirasie wees vir al meer vrywilligers om die wa deur die drif
te help trek. (Van die os op die jas: Indien jyself of iemand wat jy
ken uit enige deel van die buiteland op besoek aan Suid-Afrika is of
hierheen op pad is, sal ons baie dankbaar wees om met jou in
verbinding te tree. Registrasie Beamptes wat in die buiteland woon- of
werk is nodig om ons vele volksgenote wat oor die wêreld versprei is,
behulpsaam te wees om in ons verkiesing te registreer).
2. Tweedens is die HNP se besluit van einde verlede jaar, naamlik om
ook sy deel in die aksie by te dra, aangevul deur verdere volkseie
organisasies. Luister gerus in hierdie verband na 'n onderhoud wat in
die volgende twee weke (beginnende 23 Februarie 2009) oor Radio
Pretoria uitgesaai gaan word in die program "Ons Vryheidsideaal" van
Prof. Hendrik van der Wateren. (Prof. Van der Wateren is Voorsitter
van die Afrikaner Front, 'n sambreelliggaam waarvan 25 volkseie
organisasies lid is). Ek spreek in die onderhoud ook ander
interressante aangeleenthede aan.
3. Mnr. Sakkie van der Schyff (Verkiesing Streek Koördineerder vir die
VVK se Kiesstreek Noord-Vrystaat) het eie inisiatief geneem en 'n
nie-amptelike groep op "Facebook" vir die Volksraad Verkiesing
Kommissie gestig. By "Facebook" ('n internet-gabaseerde sosiale
netwerk) kan enigeen gratis inskakel en kommunikeer, inligting
besigtig en nuus ontvang. Mnr. Van der Schyff het in die relatief kort
bestek van sy betrokkenheid by die VVK, 'n voorbeeld aan ons almal
gestel met sy groot motivering, gepaard met die inisiatief wat hy aan
die dag lê. Hartlik dank, Sakkie!
4. 'n Mooi bedrag is beskikbaar gestel vir die vrystelling van 'n
dokumentêre program wat in proses van vervaardiging is en op DVD
beskikbaar gemaak gaan word. Nie net ons verlede nie, maar ook ons
hede en ons toekoms gaan daarin behandel word teen die agtergrond van
dit waarmee die VVK besig is. Dit beloof om 'n monumentale werk te
wees!
5. Radio Pretoria saai tans ook 'n reeks advertensies uit ten bate van
ons eie verkiesing en dít wat daarvoor nodig is. HARTLIK DANK aan die
direksie van Radio Pretoria en besonderlik aan Mnr. Clem de Klerk en
sy voortreflike span.
6. Die VVK het 'n pos geskep vir 'n voltydse sekretaris of
sekretaresse wat oor uitstaande taal-, administratiewe- en
rekenaarvermoëns moet beskik. Die persoon sal ook oor gerekenariseerde
boekhou-vaardighede moet beskik, of dit moet aanleer. 'n
Vergoedingspakket word ooreenkomstig ondervinding en vermoëns
aangebied. Kontak ons gerus indien jy meen om die regte kandidaat te
wees.
7. Die laaste brokkie vir vandeesweek, is dat die VVK (in samehang met
ander volkseie organisasies) besluit het om 'n VVK-massaregistrasie
van kiesers onder ons eie volk te loods op die "nasie" se stemdag van
22 April 2009, wat juis 'n vakansiedag sal wees. Ons beoog om in
elkeen van die 15 kiesstreke landwyd soveel moontlike registrasiepunte
op 22 April op te rig. Indien jy hulp hiermee kan aanbied in welke
vorm ookal, kontak asseblief vir Paul Kruger op dringende basis.

Daarmee groet ons tot volgende week hierdie tyd, wanneer ek terugvoer
sal gee oor ons aktiwiteite by die Majuba-vieringe van 27 en 28
Februarie. Ons wil 'n dringende beroep op alle volksgenote doen om die
komende naweek na Majuba, ons vryheidsberg, op te ruk en ook die VVK
daar te besoek. Elkeen wat ons daar kan sien om die papierwerk af te
handel wat 'n verkiesing op internasionale standaard vereis, spaar ons
die geweldige bedrae wat dit deesdae kos om die land te deurkruis. Van
ons kant af geld dit veral die volksgenote wat ver van Pretoria woon.
Kom ons wees dus in reuse getalle daar!

Groetnis van huis tot huis –
Paul Kruger
22 Februarie 2009
Voors.: Sentrale Komitee